R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Dit is walvistyd in die Overstrand-gebied en verlede Sondag se pragtige, windlose weer het mense van heinde en ver na Gansbaai gelok om die natuurskoon te geniet.
Mense was oraloor te sien: op die goed versorgde wandelroetes by De Kelders; die wat meer waaghalsig is, het oor die rotse geklouter en die grotte besoek; dan was daar dié wat net die prag en rustigheid van die natuur wou indrink.
Hulle het hulself tuis gemaak op die sementbankies wat die munisipaliteit oraloor by uitkykpunte staan gemaak het.
Die walvisse het nie teleurgestel nie en gesorg vir ‘n deurlopende skouspel wat soms ‘n koor van krete aangewakker het vanuit Coffee on the Rocks se rigting.
Die manne van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ook van vroeg Sondagoggend af heelwat opwinding beleef, toe ‘n walvis 2 keer gesig gewys het waar hul reddingstuie op die see gedobber het.
Hulle was kort voor die ontmoeting met die reus van die see, besig met roetine oefeninge en het die reddingstuig ‘South Star’ vir ‘n toetsrit geneem.
Albei vaartuie se enjins was afgeskakel toe ‘n Southern Right walvis nuuskierig kom ondersoek instel het na die vaartuie.
Hy het die manne verras en onderdeur ‘Jaytee III’ se boeg deurgeskuur en verdwyn.
Later die dag, omstreeks 12:00 het die bemanning hulle na Kleinmond gehaas waar verskeie ooggetuies laat weet het dat ‘n walvis aan sy stertkant verstrengel is tussen ‘n boei en ‘n stuk tou.
Met hul aankoms tussen Palmiet en Kleinmond, het hulle sowat 50m die see in die 12m lange walvis aangetref.
Hulle het die walvis aan die reddingstuig ‘Jaytee III’ vasgemaak en die dier bevry met spesiale toerusting, in die bedryf bekend as die SA Whale Disentanglement Network (SAWDN).
Die walvis is omstreeks 14:00 bevry en kon in ‘n kalm see wegswem - op die oog af sonder beserings.
Jaytee III se bemanningslede was Jean le Roux, Alwyn Geldenhuys en Andre Barnard.
Die span is bygestaan deur die bemanningslede van die ‘South Star’: Deon Langenhoven, James Janse van Rensburg, Bennett’s Coetzee en Charl Henn.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.