R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Soos wat VLV-takke jaarliks landwyd ‘n jaartema het, so belê elke tak ook tyd en liefde aan ‘n vrywillige en gratis gemeenskapsprojek.
Die 2017 jaartema is ‘Aanpasbare Vroue’. Die plaaslike takvoorsitster, Rienie Ludick het na aanleiding van haar niggie se hart- en handewerk, besluit om vroetelkombersies vir Alzheimer pasiënte as Gansbaai-tak se jaarprojek te registreer.
Haar niggie wat in Vredenburg woon, maak kleurvolle skootkombersies en werk allerlei veilige vroetelgoete daaraan vas.
So het vroetelkombersies ‘n gewilde geskenk geword om Alzheimer en Parkinson’s pasiënte se hande besig te hou, terwyl dit ter selfdertyd goed is vir breinstimulering.
Dit is ‘n duur projek, maar soos Rienie sê: “Dit is ‘n liefdestaak en daar is ‘n groot behoefte hieraan vir die pasiënte.”
Die kombersies sal later vanjaar aan pasiënte van die Elder Care Place in Hermanus geskenk word.
Dit word egter ook geskenk soos wat ‘n geleentheid voorkom en so word die kombersies dwarsdeur die jaar volgens behoefte geskenk.
“Ons wil graag uitreik na Gansbaai se aanpasbare vroue om met ons hande te neem en sodoende weer hiermee uit te reik na ons gemeenskap. Liefde, omgee en uitreik het nie 'n prys nie, maar bêre ewige skatte in harte.
Sekere dinge verander nooit met tyd. Tyd herhaal homself net – so sal ons uitreik na ander altyd relevant bly,” gesels die VLV vrou met die groot hart.
Indien jy meer wil uitvind skakel gerus: Rienie Ludick (028 384 1170-huis) of (081 443 8248-sel).
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.