R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
‘n Vet Namibiese galjoen en ‘n bottel B’bos witblits het die uitruiltransaksie beklink om die veelbesproke naambord ‘Bennie se Rooi Lorrie’ weer op sy plek in die woestynsand by Hentiesbaai staan te maak. (Voorbladberig: Gansbaai Courant, 17 Augustus 2017)
‘n Man van Hentiesbaai, Boela Diedericks het Marietjie Uys van die bekende Marietjie’s Pub & Grill in Baardskeerdersbos verlede week geskakel en gesê hy sal die bordjie kom haal en weer op sy oorspronklike staanplek loop plant.
Al wat hy vir sy moeite wil hê, is Baardskeerdersbos se bekende witblits wat van suiwer hanepootdruiwe gemaak word.
In ruil daarvoor bring hy vir Marietjie ‘n ordentlike, vet Hentiesbaaise galjoen saam.
Marietjie vertel dat sy nie lus is vir die stories op die ‘skinderkoerant’ Faceboek nie. Al wat sy wil doen, is lekker kosmaak.
Dit is hoekom sy ‘n eetplek oopgemaak het. Sy hou van kook en sy hou van plesierige mense.
Gedurende die week wat ‘Bennie se Rooi Lorrie’ bordjie so ter sprake was, skakel ‘n baie hartseer vrou (wie se naam nie bekend is nie) haar (Marietjie) en vertel dat sy haar oorlede pa se as 2 jaar gelede onder die bekende bordjie gestrooi het.
Marietjie het maar net gesimpatiseer, want die bordjie wat in haar restaurant staan, het reeds sy pad 3 jaar gelede daarheen gevind.
Die hele petalje het gemaak dat Marietjie begin wonder het wat die oorsprong van die pleknaam ‘Bennie se Rooi Lorrie’ dan is.
Dit blyk dat ‘n man, genaamd Bennie met ‘n rooi vragmotor jare gelede naby Hentiesbaai gaan visvang het. Die lorrie het skynbaar onklaar geraak en so lank daar gestaan dat dit ‘n baken geword het vir vissermanne.
So het ‘Bennie se Rooi Lorrie’ ‘n pleknaam geword – net soos Myl 108, Myl 7, Sêra se Gat, Myl 72 , Myl 74 en al die ander bekende plekname.
So met die jare saam het baie van die oorspronklike bordjies verdwyn en is dit met nuwe borde vervang.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.