R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Ek het hierdie raad gekry van Francois Nortjé, en sommer ook bietjie gesels oor die see, sy groot liefde, en sy ge-liefkoosde stokperdjie, galjoenhengel. Die volgende beskou hy as baie belangrik as galjoen jou teiken is:
1. Kleur van die see (moet amper die kleur van kabeljouwater wees).
2. Temperatuur van water moet wees, minimum 14.5 grade, maksimum tot 19 grade.
3. Skuimwater is noodsaaklik, en nie noodwendig rof nie.
4. Koue en helder water is nie ideaal vir galjoen vang nie en dan moet wurm liefs gebruik word.
5. Junie tot Augustus is die tyd om jou op galjoenvangs toe te spits en rypgemaakte rooiaas die inding vir die regte galjoenwater.
Daar is ook ‘n verskeidenheid rooiase. Glasaas, ook baby-rooiaas genoem, is die pers, pap tipe en word in dieper water gevind, ook gedurende springlaag, onder die rotse. “Gewone” rooiaas, vanaf rotse en word ook uitgespoel.
Sandrooiaas (so witterig) meestal, soos die naam aandui, in die sand te vind, maar ook vanaf die rotse.
Om moeilikheid met die vrou te vermy kan die aas rypgemaak word in ‘n bamboes met ‘n prop voorin. Dit word aan ‘n boom gehang tot dit “reg” is. Ander geskikte ase sluit in witmossel, swartmossel, alle wurms en krewels.
Wat die moeite loon om te weet is dat galjoen kuitskiet op tussen 34 en 35cm. Die wettige minimumgrootte (35cm) gee dus die jonger vis kans om voort te plant voordat hy dalk gevang kan word. Oor 10 jaar is die mannetjie se lengte normaalweg 41cm en die van die wyfie, 50cm.
Van verdere belang is, om jou hoeke roesvry te hou is lewertraan net die ding, terwyl dit wil voorkom asof dit ook die vis lok. Anysolie weer, is handig wanneer dit met water verdun word en op jou hande gebruik word om “klanke” te verdryf. ‘n Ander gebruik van hierdie middel is om ‘n droë katrol reg te dokter.
Die moeite werd om te probeer?
Groete, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.