R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Nie eens die gietende reën kon ‘n groep van sowat 60 oproeriges Dinsdag daarvan weerhou om deur die strate van Pearly Beach te mars om hul ongelukkigheid weens ‘n behuisingskwessie te lug nie.
Nadat die polisie dit reggekry het dat die groep die dorp verlaat, het hulle na die R43 beweeg waar hulle die kruising na Pearly Beach met takke versper het wat hulle uit die naby geleë bosse gesleep het.
Verkeer het opgehoop en ‘n ma van ‘n tweejarige kind vertel dat sy 2 en ‘n halfuur gewag het voordat sy en haar peuter die kruising veilig kon oorsteek.
“Pearly Beach se inwoners is ontstoke,” het ‘n motoris vertel wat die dag in Caledon spandeer het en nie kon terugkeer na haar huis nie.
Volgens die Uitvoerende Onder-burgemeester van die Overstrand Munisipaliteit, raadsheer Dudley Coetzee was die optog onwettig, maar het ordelik verloop en geen skade is aangerig aan eiendom nie.
In ‘n persvrystelling sê Rdh Coetzee dat die optoggangers aanvanklik nie bereid was om met raadslede of amptenare van die Munisipale Administrasie te praat nie. Die groep het egter van mening verander en onderhandelinge met die behuisingsbeampte kon wel geskied.
Teen die Gansbaai Courant se druktyd, was ‘n vergadering vir Donderdag in Eluxolweni se gemeenskapsaal gereël sodat optoggangers die geleentheid kon kry om hul griewe te lug.
Dinsdag se optrede gaan skynbaar daaroor dat die inwoners van Eluxolweni toestemming geweier is om plakkershutte op te rig.
Die Eluxolweni-mars volg op Maandag se protesaksie wat chaos in Kleinmond se strate veroorsaak het, omdat die Overstrand Munisipaliteit ‘n tender aan ‘n skoonmaakfirma van Hermanus toegestaan het. Volgens die redakteur van die Overstrand Herald in Klein-mond, is daar na bewering net 6 werksgeleenthede betrokke by die kontrak.
Die pad na Kleinmond tussen Arabella en Bettiesbaai was Maandag gesluit vir verkeer.
Kleinmond vensters kry groot skade
Betogers het rommel, stukke hout, winkeltrollies en meer in die strate rondgegooi en aan die brand gesteek.
Volgens Morkel van Niekerk, mede eienaar van Kleinmond Spar, is daar sowat 20 vertoonvensters in die sentrum stukkend gegooi. Dié besigheid se grootste skade was by Tops, Spar se drankafdeling.
Dit blyk dat dit veral die Albertyn Apteek in die hoofstraat en die Blou Bakkie Groentewinkel is wat die meeste skade gely het.
‘n Gedeelte van die munisipale gebou het ook gebrand.
Sommige mense skryf die situasie toe aan smokkelhandel in die perlemoenbedryf, wat al hoe meer bewoners vanaf die Oos-Kaap na die Overstrand lok.
Hierdie mense word werk belowe, maar wanneer hulle in die Overstrand opdaag is onwettige perlemoenstropery die enigste manier waarop hulle ‘n bestaan kan maak. Dit lei weer tot ‘n groter aanvraag na behuising.
Duiker se liggaam gevind
Die liggaam van ‘n duiker wat teen druktyd nog nie deur die SAPD geïdentifiseer kon word nie, is Sondag, 27 Augustus 2017 omstreeks 11:00 op Pearly Beach se strand aangetref.
Die duiker, wat blyk ‘n perle-moenstroper te wees, se liggaam het haaibytmerke aan sy bene en boud gehad.
‘n Man van Pearly Beach, wat nie sy naam genoem wil hê nie, het aan Gansbaai Courant vertel dat sy seun vandeesweek ‘n baie duur duikbril op die strand opgetel het. Hy vermoed dat dit aan die betrokke duiker kon behoort.
Die man vertel voorts dat daar gereeld tot 60 duikers met suurstofsilinders en rubberbote vanaf Harbour Beach uitgaan.
Duur motors met CA-registrasienommers ry sakke vol perlemoen weg… en dit terwyl regeringsbeamptes net toekyk.
Perlemoenstroper vasgetrek
‘n 28 jarige man is Sondag, 27 Augustus by Hawston ge-arresteer ten tye van Operasie Combat, geloods deur die Departement van Landbou, Bosbou en Seevisserye.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.