Pearly Beach in die kollig

Pearly Beach in die kollig

Gansbaai Courant

Nie eens die gietende reën kon ‘n groep van sowat 60 oproeriges Dinsdag daarvan weerhou om deur die strate van Pearly Beach te mars om hul ongelukkigheid weens ‘n  behuisingskwessie te lug nie.

Nadat die polisie dit reggekry het dat die groep die dorp verlaat, het hulle na die R43 beweeg waar hulle die kruising na Pearly Beach met takke versper het wat hulle uit die naby geleë bosse gesleep het.

Verkeer het opgehoop en ‘n ma van ‘n tweejarige kind vertel dat sy 2 en ‘n halfuur gewag het voordat sy en haar peuter die kruising veilig kon oorsteek.

“Pearly Beach se inwoners is ontstoke,” het ‘n motoris vertel wat die dag in Caledon spandeer het en nie kon terugkeer na haar huis nie.

Volgens die Uitvoerende Onder-burgemeester van die Overstrand Munisipaliteit, raadsheer Dudley Coetzee was die optog onwettig, maar het ordelik verloop en geen skade is aangerig aan eiendom nie.

In ‘n persvrystelling sê Rdh Coetzee dat die optoggangers aanvanklik nie bereid was om met raadslede of amptenare van die Munisipale Administrasie te praat nie.  Die groep het egter van mening verander en onderhandelinge met die behuisingsbeampte kon wel geskied. 

Teen die Gansbaai Courant se druktyd, was ‘n vergadering vir Donderdag in Eluxolweni se gemeenskapsaal gereël sodat optoggangers die geleentheid kon kry om hul griewe te lug.

Dinsdag se optrede gaan skynbaar daaroor dat die inwoners van Eluxolweni toestemming geweier is om plakkershutte op te rig.

Die Eluxolweni-mars volg op Maandag se protesaksie wat chaos in Kleinmond se strate veroorsaak het, omdat die Overstrand Munisipaliteit ‘n tender  aan ‘n skoonmaakfirma van Hermanus toegestaan het.  Volgens die redakteur van die Overstrand Herald in Klein-mond, is daar na bewering net 6 werksgeleenthede betrokke by die kontrak.

Die pad na Kleinmond tussen Arabella en Bettiesbaai was Maandag gesluit vir verkeer.

Kleinmond vensters kry groot skade 

Betogers het rommel, stukke hout, winkeltrollies en meer in die strate rondgegooi en aan die brand gesteek. 

Volgens Morkel van Niekerk, mede eienaar van Kleinmond Spar, is daar sowat 20 vertoonvensters in die sentrum stukkend gegooi. Dié besigheid se grootste skade was by Tops, Spar se drankafdeling.

Dit blyk dat dit veral die Albertyn Apteek in die hoofstraat en die Blou Bakkie Groentewinkel is wat die meeste skade gely het.

‘n Gedeelte van die munisipale gebou het ook gebrand.

Sommige mense skryf die situasie toe aan smokkelhandel in die perlemoenbedryf, wat al hoe meer bewoners vanaf die Oos-Kaap na die Overstrand lok. 

Hierdie mense word werk belowe, maar wanneer hulle in die Overstrand opdaag is onwettige perlemoenstropery die enigste manier waarop hulle ‘n bestaan kan maak.  Dit lei weer tot ‘n groter aanvraag na behuising.

Duiker se liggaam gevind

Die liggaam van ‘n duiker wat teen druktyd nog nie deur die SAPD geïdentifiseer kon word nie, is Sondag, 27 Augustus 2017 omstreeks 11:00 op Pearly Beach se strand aangetref.

Die duiker, wat blyk ‘n perle-moenstroper te wees, se liggaam het haaibytmerke aan sy bene en boud gehad.

‘n Man van Pearly Beach, wat nie sy naam genoem wil hê nie, het aan Gansbaai Courant vertel dat sy seun vandeesweek ‘n baie duur duikbril op die strand opgetel het.  Hy vermoed dat dit aan die betrokke duiker kon behoort.

Die man vertel voorts dat daar gereeld tot 60 duikers met suurstofsilinders en rubberbote vanaf Harbour Beach uitgaan.

Duur motors met CA-registrasienommers ry sakke vol perlemoen weg… en dit terwyl regeringsbeamptes net toekyk.

Perlemoenstroper vasgetrek

‘n  28  jarige  man  is Sondag, 27 Augustus by Hawston ge-arresteer ten tye van Operasie Combat, geloods deur die Departement van Landbou, Bosbou en Seevisserye.

Pearly Beach in die kollig

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant