R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Academia se Marimba-orkes het in Julie-maand ‘n hele paar ‘eerstes’ beleef.
Die 9 orkeslede het vir die eerste keer in hulle lewens gevlieg en vir die eerste keer beleef hoe oorweldigend dit is om in ‘n saal in te stap waar die grootste kompetisie van sy soort in die wêreld aangebied word, met sowat ’n 100 orkeste wat deelneem.
Hulle was ook die eerste dag wenners in ‘n kategorie.
Die geleentheid was die Education Africa International Marimba and Steelpan Festival.
Die Gansbaai-groep, ook bekend as die Sharimbas (Sharkie plus Marimbas) het onder leiding van Rialet Marais deelgeneem.
Die orkeslede is Daylen Tobias, Heidri Loff, Izaan Newman, Jaygon Visagie, Kaylin Robertson, Lorenzo Geldenhuis, Sebastian Johnson, Simorné Europa en Ulrich Visagie.
Buiten hulle afrigter is hulle ook vergesel deur Gansbaai Academia se skoolhoof, Tommy Wilson en ‘n helper Aletta Groenewald.
Tommy vertel dat die vliegtuigrit vir die orkeslede ‘n belewenis was en dat hulle dalk "harder rem getrap het as die vliegtuig.”
Tommy vertel dat, hoewel dit intimiderend was om tussen soveel ander orkeste in te stap, die Sharkies vol selfvertroue voor almal begin oefen het.
“Saterdagoggend om 09:00 het die Sharimba’s se lewens verander,” sê Tommy. “Hulle het aan die eerste kategorie, ‘The Mix’ deelgeneem.”
In hierdie kategorie moes een ander instrument, wat nie ‘n marimba of drom is nie, ingesluit word. Danksy Enlightning Trust se hulp, is ‘n 'steelpan' gekies. Nadat al die orkeste gespeel het, kom die oorbluffende aankondiging: “Die wenner van hierdie kategorie is Gansbaai Academia!”
Die verbasing, skok en trots - alles op een slag - het die Gansbaaiers se hele naweek gemaak.
Die volgende 2 dae het die Sharimba’s aan 3 kategorieë deelgeneem, sonder om te wen, maar hulle was steeds in die wolke.
“Die skole waarteen ons gekompeteer het soos Michael House, Hilton College, Curro en meer was eenvoudig fenominaal en ons kinders het baie by hulle geleer. Dit was ‘n wonderlike voorreg om aan die grootste kompetisie van sy aard in die wêreld te kon deelneem,” vertel Tommy.
Tommy bedank graag vir Annemarie Kotze van Enlightning Trust wat met die afrigting behulpsaam was, asook met die voorbereiding van die span voor hulle vertrek na Johannesburg. Hy het ook sy waardering uitgespreek teenoor alle borge, groot en klein, wat die toer moontlik gemaak het.
“Ons het ook groot waardering teenoor Gansbaai Primêr wat ‘n deeglike basis op laerskoolvlak vir die Sharimba’s skep met hulle uitstekende afrigting, sodat die kinders hul talente op hoërskool verder kan ontwikkel.”
Die Sharimbas, asook hulle afrigter en skoolhoof, is dit eens dat hierdie een van die beste ervarings is wat die marimba-orkes ooit gehad het!
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.