R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die Baytopp-gesin, nuwe intrekkers in Perlemoenbaai, beskryf hulle verhuising vanaf Uvongo in KwaZulu-Natal as ‘n “wegvlug” van daardie provinsie.
Mike (64) en Wilma (62) Baytopp het nà hulle aftrede in Gauteng in 2013, na Uvongo verhuis, waar Mike grootgeword het.
“Die teleurstelling was baie groot en die onaangename omstandighede het net té veel vir ons begin word,” vertel Mike.
“Ons verblyf daar is gekenmerk deur swak tot geen munisipale dienste, onbegaanbare strate en paaie en blatante arrogansie, wat dit onuithoudbaar gemaak het.”
Hulle het besluit genoeg is genoeg en via internet na beskikbare huise begin soek: vanaf Gordonsbaai tot by Pearly Beach.
Wilma het volgehou: “Ek wil ‘n goeie see-uitsig hê, daar moet walvisse wees en daar moet ‘n gerieflike woonstel vir my ouers wees!”
Die soektog het hier in Gansbaai se Perlemoenbaai in die Wes-Kaap geëindig. Met Wilma wat tevrede was dat daar aan haar vereistes voldoen is, was die koëel deur die kerk - en het hulle gedurende Augustus vanjaar hier ingetrek.
Wat die gesin besonders maak is die egpaar se 3 kinders wat almal aangeneem is.
Die jongste, Alethea (30) is op die ouderdom 9 maande aangeneem en sy en haar seuntjie, Ethan (5), het saam hierheen verhuis.
Die ander 2 kinders is Lourens Wagstaff (47) van Pretoria, wat op 16-jarige ouderdom aangeneem is en Charmaine van Niekerk (39) wat op 5-jarige ouderdom aangeneem is. Charmaine woon in Hamilton, Nieu-Seeland en is geseën met 2 kinders, Maylene (13) en Steven (12).
Wilma se ouers – albei in hulle 80’s - Oom Piet en Tannie Corrie Jansen is ook lankal reeds deel van die gesin en is dus ook nou Perlemoenbaaiers.
Beroepspaadjies
Wilma het as ‘n bestuurder by ‘n meubelmaatskappy afgetree, maar haar lewe is deur ‘n liefde vir kinders oorheers: kinderwelsyn, dagmoeder vir jare en kinderpleegsorg tuis, asook die opvoeding van hul 3 kinders. Mike het, na sowat 37 jaar in die Staatsdiens afgetree.
Betrokke
Die Baytopp-gesin was so opgewonde oor hul nuwe omgewing, dat hulle sommer binne die eerste week of wat oral begin inskakel het by Gansbaai Fotografieklub, Gansbaai Wynproegilde en Gansbaai Toerisme se bedrywighede en Strandveld Voetslaanklub is volgende aan die beurt.
Mike is lief vir tuinwerk, stap en bou modelbote, terwyl Wilma gaande is oor kunsstokperdjies.
Oud-kollegas herenig
Die verhuising hierheen het ‘n interessante herontmoeting tot gevolg gehad. Hardus Botha van die Gansbaai Courant en Mike was kollegas in die Staatsdiens en ken mekaar al sowat 23 jaar. Hulle het vir sowat 10 jaar in dieselfde departement as finansiële bestuurstelselkontroleurs van die Gauteng Provinsiale Regering saamgewerk.
Met Hardus se aftrede in 2003, sowat 10 jaar voor Mike, het die Botha-egpaar na De Kelders verhuis.
Groot was Hardus se verbasing toe sy oud-kollega op ‘n dag voor Gansbaai Courant se kantore stilhou en hom meedeel dat hulle binnekort ook Gansbaaiers gaan word. Voorwaar ‘n blye weersiens!
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.