Nuwe Perlemoenbaaiers vlug uit KwaZulu-Natal

Nuwe Perlemoenbaaiers vlug uit KwaZulu-Natal

Gansbaai Courant

Die Baytopp-gesin, nuwe intrekkers in Perlemoenbaai, beskryf hulle verhuising vanaf Uvongo in KwaZulu-Natal as ‘n “wegvlug” van daardie provinsie.

Mike (64) en Wilma (62) Baytopp het nà hulle aftrede in Gauteng in 2013, na Uvongo verhuis, waar Mike grootgeword het.

“Die teleurstelling was baie groot en die onaangename omstandighede het net té veel vir ons begin word,” vertel Mike.

“Ons verblyf daar is gekenmerk deur swak tot geen munisipale dienste, onbegaanbare strate en paaie en blatante arrogansie, wat dit onuithoudbaar gemaak het.”

Hulle het besluit genoeg is genoeg en via internet na beskikbare huise begin soek: vanaf Gordonsbaai tot by Pearly Beach.

Wilma het volgehou: “Ek wil ‘n goeie see-uitsig hê, daar moet walvisse wees en daar moet ‘n gerieflike woonstel vir my ouers wees!”

Die soektog het hier in Gansbaai se Perlemoenbaai  in die Wes-Kaap geëindig. Met Wilma wat tevrede was dat daar  aan haar vereistes voldoen is, was die koëel deur die kerk - en het hulle gedurende Augustus vanjaar hier ingetrek.

Wat die gesin besonders maak is die egpaar se 3 kinders wat almal aangeneem is.

Die jongste, Alethea  (30) is op die ouderdom 9 maande aangeneem en sy en haar seuntjie, Ethan (5), het saam hierheen verhuis.

Die ander 2 kinders is Lourens Wagstaff (47) van Pretoria, wat op 16-jarige ouderdom aangeneem is en Charmaine van Niekerk (39) wat op 5-jarige ouderdom aangeneem is. Charmaine woon in Hamilton, Nieu-Seeland en is geseën met 2 kinders, Maylene (13) en Steven (12).

Wilma se ouers – albei in hulle 80’s - Oom Piet en Tannie Corrie Jansen is ook lankal reeds deel van die gesin en is dus ook nou Perlemoenbaaiers.

Beroepspaadjies

Wilma het as ‘n bestuurder by ‘n meubelmaatskappy afgetree, maar haar lewe is deur ‘n liefde vir kinders oorheers: kinderwelsyn, dagmoeder vir jare en kinderpleegsorg tuis, asook die opvoeding van hul 3 kinders. Mike het, na sowat 37 jaar in die Staatsdiens afgetree.

Betrokke

Die Baytopp-gesin was so opgewonde oor hul nuwe omgewing, dat hulle sommer binne die eerste week of wat oral begin inskakel het by Gansbaai Fotografieklub, Gansbaai Wynproegilde en Gansbaai Toerisme se bedrywighede en Strandveld Voetslaanklub is volgende aan die beurt.

Mike is lief vir tuinwerk, stap en bou  modelbote, terwyl Wilma gaande is oor kunsstokperdjies.

Oud-kollegas herenig

Die verhuising hierheen het ‘n interessante herontmoeting tot gevolg gehad. Hardus Botha van die Gansbaai Courant en Mike was kollegas in die Staatsdiens en ken mekaar al sowat 23 jaar.  Hulle het vir sowat 10 jaar in dieselfde departement as finansiële bestuurstelselkontroleurs van die Gauteng Provinsiale Regering saamgewerk.

Met Hardus se aftrede in 2003, sowat 10 jaar voor Mike, het die Botha-egpaar na De Kelders verhuis.

Groot was Hardus se verbasing toe sy oud-kollega op ‘n dag voor Gansbaai Courant se kantore stilhou en hom meedeel dat hulle binnekort ook Gansbaaiers gaan word. Voorwaar ‘n blye weersiens!

Nuwe Perlemoenbaaiers vlug uit KwaZulu-Natal

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant