R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
‘n Groep van 3 joernaliste, wat onlangs vir 5 dae deur die Overberg getoer het, is gaande oor Gansbaai en omgewing. Twee verteenwoordigers van Wesgro (Weskaapse Toerisme-organisasie) het hulle op die toer vergesel.
Wesgro reël op ‘n gereelde basis toere vir onder andere joernaliste en fotograwe na spesifieke omgewings in die Wes-Kaap.
Die groep wat hierdie toer in die Overberg meegemaak het, was: Kavitha Pillay van Traveller 24, Andrew Thompson, vryskutjoernalis vir die tydskrif, Getaway, Shawn Ogulu, ‘n fotograaf wat saam met Craig Howes werk, Robert Peters, ‘n Wesgro verteenwoordiger en Lana Carls, ‘n bemarkingsbeampte van Wesgro.
“Die groep het verlede Woensdagmiddag vanaf Stanford in Gansbaai aangekom,” vertel Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme. Hul eerste besoekpunt was Gansbaai se toeristekantoor waarmee hulle baie ingenome was. Hulle was ook verstom wat alles in die omgewing aangebied word.
Die ervare Dave Caravias van FatBikes het gesorg dat die natuur hier hulle behoorlik oorrompel. “Hulle asems is weggeslaan deur die fietsrit en hulle het dadelik ‘verlief’ geraak op die gebied,” vertel Dave.
Die uitsig oor Walkerbay by Coffee on the Rocks het hulle laat besef dat Gansbaai ‘n versteekte juweel is.
Dave Sawtelle was hulle gasheer by Saxon Lodge en Blue Goose se uitmuntende geregte en gesellige atmosfeer het die dag ontspanne afgesluit.
Wie word nie aangeraak deur die werk wat by die African Penguin and Seabird Sanctuary verrig word nie? Die groep se oggendontmoeting met die bewaringsprojekte wat deur Dyer Island Conservation Trust aangepak word, het onder-streep dat hierdie deel van die land, veel meer bied as wat hulle ooit kon dink.
Na ‘n draai by De Kelders se Drupgrotte, het hulle hul Gansbaai-kuier by Tolbos Bistro afgesluit.
Lana Carls van Wesgro het ‘n pragtige foto van die Plaat op Instagram geplaas en gesê: “Plenty of hidden spots in Gansbaai - you need to visit this amazing town to find them!”
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.