See, sand, rotse, fynbos en uitstekende kos...

See, sand, rotse, fynbos en uitstekende kos...

Gansbaai Courant

‘n Groep van 3 joernaliste, wat onlangs vir 5 dae deur die Overberg getoer het, is gaande oor Gansbaai en omgewing. Twee verteenwoordigers van Wesgro (Weskaapse Toerisme-organisasie) het hulle op die toer vergesel.

Wesgro reël op ‘n gereelde basis toere vir onder andere joernaliste en fotograwe na spesifieke omgewings in die Wes-Kaap.

Die groep wat hierdie toer in die Overberg meegemaak het, was: Kavitha Pillay van Traveller 24, Andrew Thompson, vryskutjoernalis vir die tydskrif, Getaway, Shawn Ogulu, ‘n fotograaf wat saam met Craig Howes werk, Robert Peters, ‘n Wesgro verteenwoordiger en Lana Carls, ‘n bemarkingsbeampte van Wesgro.

“Die groep het verlede Woensdagmiddag vanaf Stanford in Gansbaai aangekom,” vertel Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme. Hul eerste besoekpunt was Gansbaai se toeristekantoor waarmee hulle baie ingenome was.  Hulle was ook verstom wat alles in die omgewing aangebied word.

Die ervare Dave Caravias van FatBikes het gesorg dat die natuur hier hulle behoorlik oorrompel. “Hulle asems is weggeslaan deur die fietsrit en hulle het dadelik ‘verlief’ geraak op die gebied,” vertel Dave.

Die uitsig oor Walkerbay by Coffee on the Rocks het hulle laat besef dat Gansbaai ‘n versteekte juweel is.

Dave Sawtelle was hulle gasheer by Saxon Lodge en Blue Goose se uitmuntende geregte en gesellige atmosfeer het die dag ontspanne afgesluit.

Wie word nie aangeraak deur die werk wat by die African Penguin and Seabird Sanctuary verrig word nie?  Die groep se oggendontmoeting met die bewaringsprojekte wat deur Dyer Island Conservation Trust aangepak word, het onder-streep dat hierdie deel van die land, veel meer bied as wat hulle ooit kon dink.

Na ‘n draai by De Kelders se Drupgrotte, het hulle hul Gansbaai-kuier by Tolbos Bistro afgesluit.

Lana Carls van Wesgro het ‘n pragtige foto van die Plaat op Instagram geplaas en gesê: “Plenty of hidden spots in Gansbaai - you need to visit this amazing town to find them!”

See, sand, rotse, fynbos en uitstekende kos...

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant