Ons onderwysers presteer

Ons onderwysers presteer

Gansbaai Courant

Komplimente het Saterdag, 2 September ingestroom na afloop van ‘n  geskiedkundige funksie waar Masakhane Primary School as gasheerskool opgetree het.

Om die prestige funksie, die 2017 Nasionale Onderwys Toekennings, aan te bied was ‘n eerste vir dié skool met sy uitstekende fasiliteite.  Mnr Tommy Volkwyn, sy personeel en  leerders het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt en die komplimente van ooral oor kom hulle toe. 

Die seremoniemeester en skoolhoof van Masakhane Primary School, mnr Tommy Volkwyn, het onder andere na die media verwys wat ‘n “bohaai” opskop oor swak en korrupte onderwysers, maar dat hulle weinig aandag skenk aan die meerderheid van onderwysers wat uitstekende werk verrig.

6 onderwysers van Gansbaai het met welverdiende toekennings weggestap.  Hulle is:

Gansbaai Academia:

Mnr Tommy Wilson, skoolhoof (wenner: Hoërskool Leierskap); Mnr Wilton Phillips (wenner: Hoërskool Onderrig).

Masakhane Primary School:

Me Bulewa Sam (wenner: Graad R Onderrig); Me Nobekephi Dyakophu (naaswenner: Laerskool Onderrig).

Laerskool Gansbaai:

Me Heidi Chivell (wenner: Nelson Mandela Lifetime Achievement). (Foto-erkenning: Janita Bester van Dreamshots Photography, Hermanus)

Ons onderwysers presteer

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant