R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Daar is ‘n paar redes waarom die seebaber so ongewild is -- die feit dat hy omtrent oral opduik en soort van ‘n verpesting van homself maak. Dan is daar die geloof dat sy vel voor gaarmaak verwyder moet word. Daardie gifpenne is ook ‘n ander rede.
Omtrent almal weet dat die baber gaargemaak kan word, maar die vraag is, is dit die moeite werd?
‘n Maat van my, in die ou Suidwes, het baie ernstig gevra dat ons konsentreer op die vang van babers sodat hy die goed kan laat rook by een of ander “ekspert”.
Ses hiervan het hy aan my gegee en ek sou die goed aan my pa besorg -- totdat ek daaraan geproe het.
My pa het darem twee gekry en ek moes hom meer belowe. Daar het ek geleer om die baber op sy rug te lê en dan die pens en kop (en die pen!) gelyktydig weg te sny, en die vel net so te los.
Die gerookte vis vat jy so aan sy stert, stoot die vel terug en eet dan die botterbruin vleis terwyl jy lippe aflek.
Of ék die baber só lekker kan rook is ‘n ope vraag. Watter ander gaarmaakmetodes vir hierdie vis is daar nog? Kom ons eksperimenteer en dan kyk ons of daar nie ‘n “babergaarmaakkoning” onder ons is nie.
Dis dalk ‘n beloning werd en dan moet ons mos kompetisie hou! Laat weet gerus.
‘n Jong kabeljoutjie gerook, gebak of gebraai smaak vorentoe en ‘n silwervis is iets om na uit te sien, maar ‘n baber, ordentlik gaargemaak (veral gerook) is mos iets “anders”, en wie hou nie daarvan nie?
Vergeet van wetenskaplike name.
Daar is ‘n swarterige (meer glibberige) baber en dan die amper witte, wat normaalweg aanvaar word en ook verskyn wanneer daar kabeljou is.
Dit klink mos na die ware jakob.
Die ander vis wat ook in die prentjie kan kom is die gurnard of knorhaan, soos meeste van ons hom ken. Maar hieroor op ‘n later geleentheid.
Baie groete, en lekker eet,
Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.