Jacolene getuig... mens kry nog goeie mense

Jacolene getuig... mens kry nog goeie mense

Gansbaai Courant

Jacolene de Wet was met haar ‘nuwe’ Volla op pad na Hermanus se toetsterrein, toe haar motortjie ‘n halfuur voor haar afspraak net buite Hermanus besluit hy ry nie verder nie.

Dit het op ‘n baie slegte plek gebeur – om ‘n draai, waar daar ook nie ‘n padrug is om te kan aftrek nie.

Dit was onmoontlik dat ander motoriste sommer daar sou stop. 

Jacolene is ‘n boervrou en besluit toe net daar dat sy maar haar motortjie verder sou stoot.

In ag genome dat Jacolene  net sowat ‘n maand vantevore ‘n keisersnit gehad het, was dit nie iets wat enige ander vrou sou aanpak nie.

Jacolene wou egter nie haar afspraak om haar ‘splinternuwe’ ou Volla deur die toets te kry, misloop nie.

Haar kleuterseuntjie was ook by haar in die motor.

Sy het die motortjie sowat 500m ver gestoot toe 3 manspersone aangestap kom.  Jacolene het baie onveilig gevoel, maar hulle het haar verseker dat hulle DAFF amptenare is wat pas by haar verby gery het in ‘n staatsvoertuig. 

Hulle het veilig om die draai gaan parkeer en teruggestap om die jong vrou by te staan.

Jacolene sê dat dit gevoel het asof dit 3 engele was wat na haar gestuur is. 

Hulle het haar gehelp totdat sy weer kon ry en wou niks aanvaar wat sy hulle wou aanbied om hulle te bedank nie.

Al wat hulle gevra het is om te noem dat DAFF-beamptes “nie net heeldag perlemoenstropers vang nie, maar mense help ook.”

Jacolene wil graag die manne van Hermanus MCM bedank vir hulle hulpvaar-digheid:  Inspekteurs Conradie, Van Niekerk en Bergstedt en vroue-inspekteur Hegor (wat in die motor gewag het en die manne met die verbyry aangepor het om die vrou langs die pad te help).

Jacolene getuig... mens kry nog goeie mense

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant