R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
"'n Reis deur die Fynbos" in Gansbaai se hawe, bring die blommeprag van die Overstrand tot op jou drumpel.
Kusfynbos en eilandfynbos is deel van hierdie alom bekende uitstalling waaraan Gansbaai se vroue hulle vingers stukkend gewerk het.
Toegang is gratis, maar gooi maar gerus ‘n geldjie in die donasiehouer.
Wandel vandaar na die Birkenhead Bootklubsaal waar jy tee en koek kan geniet, terwyl jy oor die hawebedrywighede uitkyk.
Die Gansbaaiers beloof spesiale eiedorpse koffie, cappuccinos en warm sjokolade.
Vertoef ‘n bietjie langer in die beskutte kompleks en ondersteun die bootklublede waar hulle worsrolle, hamburgers, prego steakrolle en ietwat sterker lafenissies aanbied.
Hier kan jy maar vassteek, terwyl jy wag dat die visbraaikompetisie tot ‘n einde kom.
Ja, die manne en vroue wat vis ken, wedywer hier met hul familieresepte teen mekaar. Jy kan jou gereedmaak vir ‘n lekker vars vissie.
Die Fynbosskou en Bootklubkiosk se ure is Saterdag en Sondag 09:00-17:00 en Maandag 09:00-15:00.
Blommerangskik kompetisie
Maandag om 10:30 kan jy aan die Cropped kompetisie gaan deelneem, waar jy die kans kry om jou kunssinnigheid te bewys. Houers en blomme is beskikbaar. Deelnemers moet hul rangskikkings binne 30 minute gereed hê.
‘n Eerste prys van R500 kontant wag op die wenner en die tweede en derde plek wenners sal elk geskenkbewyse ontvang.
Die inskrywings is gratis, maar wees gewaarsku, daar is net plek vir 10 deel-nemers. Stuur ‘n epos aan glenda@gansbaaitourism as jy wil deelneem. Bewaar hierdie nommer: Glenda 072 291 5564 en skakel haar vir enige navrae aangaande die Funky Fynbos Festival.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.