R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai se Leeskring was Dinsdag, 5 Augustus die gaste van Dirk en Trienke Laurie by ‘n Opperman-voorleesdag . Trienke is die dogter van Dirk Opperman, die bekende en geliefde digter. Sy en haar man, Dirk, woon tans op Franskraal in die Oppermanhuis, Bieblebom in Sea View Rylaan, Franskraal.
Dirk Opperman is honderd jaar gelede op 29 September 1914 gebore en die geleentheid was om sy lewe en werk te vier.
Dirk het ‘n puik en presiese program beplan en Trienke en Annemarie, voorsitter van die Leeskring, het ‘n heerlike maaltyd voorberei. Dit was ‘n stadige kuier met wyn en woord in die huis waar die groot skrywer gewoon en gewerk het. ‘n Keur uit Opperman se werk is om die beurt deur die gaste voorgelees. Na elke voorlesing het Dirk of Trienke baie interessante kommentaar gelewer en ook vrae beantwoord. Negester en Stedelig is deur haar pa geskryf terwyl haar ma haar verwag het. ‘n Wonderlike erfenis vir enige kind.
Draaikewers, verwerk vir twee sprekers, is op ‘n gevoelvolle wyse deur Dirk en Trienke voorgedra en het spontane applous ontvang.
Terwyl die son deur die wolke breek en Kluitjiesbaai se branders oor die riwwe breek, onthou ons dié dag, meer as vyftig jaar gelede, toe Mike Germishuys en Thys Pieterse se skuitjie daar deur ‘n blinde brander omgekeer is. Heel gepas was die impromptu dramatisering van Opperman se gedig, Kantelkompas, oor die tragiese gebeure. Thys Pieterse figureer in die gedig as Doors Dubbeldop.
‘n Behaaglike dag, met Raka se wyne en afgerond met Vea se roly-polypoeding, het almal saamgestem. ‘n Veer in die hoed vir die organiseerders en ‘n heildronk op Opperman. So ‘n formidabele skrywer se werk kan jaarliks gevier word.
Die bosviool op Franskraal was stil, maar ons glo dat dit in die Hiernamaals gejubel het.
Lees Thys se storie, Evergreen hiernaas.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.