R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die gospelsanger, Willem Claasen (44), het Maandagaand in 'n motorongeluk in Meiringspoort gesterf. Hy was saam met sy vrou, Jeanette (45), haar skoonsuster, Carmen en dié se man, Auten (Ollie) Dyk in sy motor toe die ongeluk plaasgevind het.
Ollie Dyk is in die hospitaal opgeneem, maar al drie die passasiers het Dinsdagmiddag teruggekeer na Blompark. Hulle was sedert verlede week en Dinsdag in Kimberley waar Willem sy 20ste Gospel CD bemark het.
Willem het gereeld opgetree in die Noord-Kaap en Namibië, asook in die Nuwe Lewe Pinkster Sending Kerk in Gansbaai.
Daar was 8 Blomparkers in sy orkesgroep, Chosen Generation, en sy dogter Nashley (23) is ook al saam met haar pa opgeneem. Sy het ook 'n ouer suster, Willdene Baartman en daar is twee kleinkinders. Willem was deel van 'n groot gesin met 5 susters en 2 broers. Sy ma, Susan Claasen, is 2 maande gelede oorlede.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.