Baba op motorsitplek gevang

Baba op motorsitplek gevang

Gansbaai Courant

“Jy moet vinnig hierheen kom, ek en Chantelle is besig om ‘n baba op ‘n motor se agtersitplek te vang,” het Cassie Carstens van Overstrand Medical Response se stem op Donderdagaand, 2 Julie 2015 om 21:30 benoud oor die foon gekom.

Met Gansbaai Courant se aankoms voor Cassie’hulle se woning, is die moeder, Veronica Snyders (28), haar lewensmaat, Nigel Frans (34) en die half-uur oue pasgebore baba almal op die agtersitplek van die gesin se motor gekry, met Riaan Buys wat die drip sommer bokant die motor se dak staan en houvas. Cassie Carstens en Chantelle Buys-Carstens, ook van Overstrand Medical Response, het die baba gevang. 

“Dit was omtrent my ‘duisendste’ baba wat ek gevang het, maar nog nooit op ‘n motor se agtersitplek nie,” het Cassie gesê. “Maar dit was gelukkig ‘n baie maklike geboorte - dit was net een druk en die baba was daar - perdfris en gesond.” Dit was Chantelle se eerste baba wat sy help vang het en “dit was ‘n hele belewenis,” het sy gesê. “As dit is hoe dit gebeur, wil ek eerder nie ‘n normale geboorte hê nie!” Nigel vertel hy kon aan niks anders dink as om na Overstrand Medical Response te jaag nie, aangesien daar nie tyd was om oor enige ander plek te wonder nie. Die nuweling is hulle eerste dogter en hulle is sommer baie trots op haar. “Dis nog te vinnig om aan ‘n naam te dink, ek is net dankbaar vir die hulp wat ons ontvang het en dat alles goed afgeloop het,” het ‘n flouerige Veronica gesê.

Hardus Botha

Baba op motorsitplek gevang

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant