R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Die hele Skrif is deur GOD geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van GOD staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” (2Tim 3:16,17)
Alle gelowiges het die begeerte om GOD beter te leer ken. So baie keer sê ons: “As ek net één keer GOD kan sien of ervaar soos Hy werklik is.” Daar is baie maniere om GOD te leer ken: Soos wanneer jy langs ons mooi strande loop en in verwondering staan oor hóé mooi die natuur is; wanneer jy soms in jou lewe ’n diep stilte en intense vrede ervaar – dan is jy baie naby aan GOD; daar kom kere wanneer jy meegevoer word deur lofprysing en jy in elke lied wat gesing word, GOD beleef; min dinge bring jou so naby aan GOD soos gebed in jou binnekamer; Jy ervaar GOD ook wanneer iemand ’n getuienis lewer oor wat met hom of haar gebeur het; Ja, ons hoor van wonderwerke en dan weet ons: GOD is teenwoordig en in beheer!
Tog is dit die Bybel, as Woord van GOD, wat ons beste manier is om GOD te leer ken. Ons lees die Bybel en al het GOD nie die Bybel met Sy eie hand geskryf nie, weet ons dat dit wat die sowat 40 skrywers van die 66 boeke van die Bybel geskryf het, regtig deur die Heilige Gees geïnspireer is. Weet jy hoe weet jy dit? As jy ’n deel in die Bybel lees en jy voel op daardie oomblik asof dit GOD is wat persoonlik met jou praat – dit noem ons die geïnspireerde Woord!
Die Bybel beskryf die wil van GOD baie duidelik. GOD wil hê jy moet weet dat jy as sondaar besig is om in die diepsee te verdrink! Maar GOD gooi Sy reddingsboei, Jesus Christus, na jou en skreeu: “Hou vas, Ek wil jou red!” Dis die beste nuus wat enige gelowige op aarde van GOD kan hoor! GOD het my lief en wil my red! Hier is ’n paar riglyne wat jy kan volg om GOD beter te leer ken as jy die Bybel lees:
Lees dit stadig en gereeld sodat jy verstandig en voorspoedig kan wees. (Psalm 1:1-3)
Glo dit om veilig te wees. Beoefen dit om heilig te wees.
(1 Tess. 4:3; Lev. 20:7)
Dit bevat lig wat jou sal lei; (Ps. 119:105) voedsel om jou te onderhou (Joh. 6:55) en troos om jou op te beur. (Ps. 94:19; Mat. 11:28-30)
Christus is die belangrikste onderwerp; (1Kor. 1:18,23; 15:14;) ons redding die doelstelling en die eer van GOD die mikpunt. (Fil. 2:11)
Lees die Woord biddend. (Ef. 6:18) GOD is deur Sy Gees gereed om jou lewe te verlig en jou te laat deel aan Sy grootheid. Onthou altyd: Jy is spesiaal en GOD het jou lief! Só sê die Woord van GOD! (Jes. 43:4)
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.