R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Skokkende onthullings het aan die lig gekom nadat arrestasies, wat op Thys Willemse (63) van Plot 3, Franskraal Karavaanpark se moord op Saterdag, 4 Julie 2015 betrekking het (Gansbaai Courant, Donderdag, 9 Julie 2015), deur Gansbaai SAPD se Speurtak gedoen is. ‘n 20-jarige vrou van Hawston, Valentina Booysen is binne die bestek van 2 weke vir Willemse se moord gearresteer. Booysen het ná haar arrestasie ‘n verklaring afgelê waarin sy onder andere gesê het dat twee van Willemse se vriende, ook van Franskraal Karavaanpark, haarself en nog ‘n meisie in Blompark gaan oplaai het om die aand saam met hulle deur te bring. Hulle is almal na die oorledene se woning, waarna Booysen by sy woning in is. Aldus Booysen se verklaring het hulle onder andere na bloufilms gekyk. In haar verklaring sê Booysen dat, as gevolg van bepaalde optredes deur Willemse, sy woedend kwaad geword het. Sy het daarna die oorledene se hande agter sy rug vasgebind en dieselfde tou van agter af om sy nek gedraai, waarmee sy hom verwurg het. Ondanks die aand se gebeure, het ‘n vorige verklaring gelui dat die oorledene ten volle geklee en toegemaak in sy bed gelê het en daar was ook nie tekens van ‘n struweling nie. Dit bly egter ‘n raaisel waarom hy homself nie verdedig het nie. Booysen, bekend as ‘n prostituut, was ná die oplegging van 3 jaar gevangenisstraf weens huisbraak in Hermanus, uit op parool. Sy het ten tye van die moord by haar ouma in Blompark gewoon.
Die tweede meisie is wel van Blompark en is ook gearresteer, maar kon nie direk met die moord verbind word nie en is weer vrygelaat.
Inligting wat deur die publiek verskaf is, is vinnig en met knap speurwerk deur AO Vermeulen en sers Marais opgevolg wat tot Booysen se arrestasie gelei het. Tydens die ondervraging is bevestig dat die twee meisies opgelaai is en na die oorledene se woning gebring is. Booysen het daarna ‘n volle bekentenis oor die nag van die moord afgelê. Sy het op Dinsdag, 21 Julie 2015 in die Hermanushof verskyn, met AO Vermeulen wat borgtog opponeer het. Sy sal in aanhouding bly tot haar volgende hofverskyning. Die gesteelde goedere, naamlik 2 selfone, ‘n bossleutels en klerasie is ook intussen teruggevind. ‘n Foto van Booysen kon nie met die ter perse gaan van hierdie uitgawe geplaas word nie. Nog ‘n verdagte van Riviersonderend, Heinrich Saayman (27), wat ook op dieselfde perseel as Booysen gewoon het, maar net aan die agterkant, is vir die besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem. Saayman is tans uit op parool vir huisbraaksake. Willemse se moord in die karavaanpark het skokgolwe deur die karavaanpark en Gansbaai gestuur. Hy het alleen gewoon en het bekendgestaan as ‘n persoon wat nie ‘n vlieg skade sou berokken nie en het gereeld saam met sy vriende in die karavaanpark gekuier. Hy was voorheen van Caledon, maar woon reeds vir die afgelope 5 jaar in Franskraal Karavaanpark. Sy eggenote, Elize is sowat 2 jaar gelede oorlede. Sy seun, Johan Muller het kort na die moord vanaf Kroonstad in die Oranje-Vrystaat in Gansbaai aangekom vir die uitkenning van sy pa. Kapt Danie Rautenbach, Takbevelvoerder, is van mening dat, indien die waarheid oor die nag van die moord deur die oorledene se vriende van die begin af geopenbaar is, die arrestasies reeds veel vroeër sou plaasgevind het. Hy sê ‘n gesprek sal met die Senior Aanklaer gevoer word oor moontlike klagtes van meineed.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.