R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Goeie nuus vir aanhangers van Randall Wicomb is dat hy eersdaags in Gansbaai gaan optree.
Die NG-gemeente se Vrouediens reël ‘n oggend vir Mans en Dames saam met hom in die Pretoriussaal. Dit beloof om ‘n gesellige oggend te wees, met ‘n smaaklike ete en heerlike saamkuier.
Randall word as een van die ikone in die Suid-Afrikaanse musiek-bedryf beskou en het oor meer as vier dekades grens verskuiwende werk met sy toonsettings en vertolkings van Afrikaanse volksliedjies gedoen. Hy is ‘n gebore Kapenaar wat sy Honneursgraad in Ekologie verwerf het en eers by die Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch onderwys gegee het, met verskeie Goue Status musiektoekennings wat hy reeds vir sy uitreikings ontvang het. Sedert 2000 het Randall met sy toonsettings van Hans du Plessis se Griekwa Psalms meer as vyftig vertonings in ‘n jaar deur Suid-Afrika gehad. Hiervoor is hy deur die die ATKV vereer in die katagorie ‘Beste Gospelsanger’. Sy toonsettings van Adam Small se verse op die CD “Oos Wes, Tuis Bes” is deur Die Burger as Album van die Jaar (2003) bekroon. Randall se ervaring as koorlid van die Stellenbosch Universiteitskoor onder leiding van die legendariese koormeester Philip McClaglan, gee besondere diepte aan sy toonsettings en uitvoerings wat van die gewone iets buitengewoon besonders maak. Vandag, na meer as veertig jaar in die musiekbedryf, dwing sy nimmereindigende energie, liefde en passie vir musiek steeds bewondering af. Hy sing ook graag eenvoudige ballades, dramatiese en tot gereformeerde toonsettings wat in die Giekwa Psalms en ander verse-styl is. Hy is reeds vir vele jare ‘n kopersmid, stel ook belang in pottebakkery, Bonsai plante en astronomie. Randall gaan op Saterdag, 8 Augustus 2015 om 09:00 vir 09:30 in die Pretoriussaal ten bate van die NG Kerk Vrouediens optree. Kaartjies beloop R100 per persoon, waarby ‘n ete ingesluit is. Vir kaartjies kan Elcine Hulme by 028-388-0814 of 082-564-1959 geskakel word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.