Wat praat ons als?

Wat praat ons als?

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant se redaksie het besluit om lesers weer die geleentheid te bied om “Nuusbrokkies vanuit die gemeenskap” te plaas. Dit moet gesien word as relevante en interessante inligting oor mense en hul doen en lates. Voorbeelde hiervan is onder andere ernstige siektes of hospitalisasie, verlowings, huwelike, geboortes, vreugde of hartseer van gesinne of individue, prestasies behaal deur gesinne of individue en ander interessante gebeure waarvan lesers kennis kan neem.

Kennis moet geneem word dat elke “Nuusbrokkie” eerstens feitelik korrek moet wees en tweedens kort en bondig moet wees. Dit sal ook onderhewig wees aan redaksionele  goedkeuring alvorens dit geplaas word. Die bedoeling van “Nuusbrokkies” iss allermins dié van ‘n “skinderkolom” in Gansbaai Courant. Mooi, positiewe en interessante inligting kan tot groot vreugdes in hierdie weeklikse artikel lei.

Op Saterdag, 18 Julie 2015 om 12:45 het ek my selfoon in Gansbaai Superspar verloor. Gedurende 'n gesprek by die navraetoonbank, het die dame in beheer onmiddellik my nommer geskakel en ‘n werknemer van Wimpy, by name Nomsipho het my foon geantwoord. Met behulp van die Spardame kon ons die foon terugkry. Dankie vir almal wat betrokke was se hulpvaardigheid en die eerlikheid van die Wimpy-werknemer.

Mooi-so Gansbaai se mense!

Jack Gryffenberg

Wat praat ons als?

Nuusbrokkies vanuit Gemeenskap

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant