R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die HERE wil dat julle moet doen. Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul!” (Efes. 5:15-18)
Het jy al ooit branders gery, of gekyk hoe die jongmanne branders ry? Jong, dit lyk lekker – en dit is ’n sensasie! Jy en jou vriende sit op agterste deinings en wag vir die branders wat in sulke reekse kom. Die goeie branders kom net so af en toe en jy moet gereed wees om die bestes te vang. Wanneer die reeks branders inkom weet jy daar gaan nie tien of meer goeie wees nie, nee, gewoonlik is dit so drie of vier. Jy moet dan ook in die regte posisie wees, anders mis jy die branders wat “opstaan”! Daar is min dinge so lekker soos om ’n reuse brander te vang en teen sy spieëlgladde wand af te gly met die wit skuim wat agter jou raas...dis net jy en die brander....!
Hierdie week was daar een of twee baie mooi sonskyndae sonder wind. Ek en Linda het langs die see gestap en elke oomblik daarvan geniet, want ons het geweet dat daar later in die week kwaai storms kom en dan kan ons nie buite wees nie. Branders ry en die mooi dae wat ons hier in die Overberg kry, herinner my aan die verse in die Bybel wat sê ons moet die beste gebruik maak van elke geleentheid....
Daar is baie geleenthede wat GOD op jou pad bring en jy moet gereed wees daarvoor! Lees weer hierdie verse hierbo uit Efesiërs 5. Let op dat Paulus ons vermaan om versigtig te lewe. Nie alle mense tree verstandig op in elke situasie nie. Jy moet ook leer om te luister wat die wil van die HERE vir jou lewe is. Die Heilige Gees sal jou altyd lei as jy bereid is om te luister – lees die die Woord, bid gereeld en sien uit met verwagting dat die beste geleenthede kom (Efes. 6:18).
“Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.” (Gal. 6:10)
Jy gaan dalk vandag net één keer by iemand verbystap teenoor wie jy ’n daad van vriendelikheid of liefde kan bewys....maak die beste gebruik van die geleentheid!
As die Gees jou lei om iemand te bel of te kontak – doen dit dadelik, want die geleentheid gaan dalk nie weer kom nie. Ons moet mekaar bemoedig, aanspoor en ondersteun in die tye waarin ons nou leef – doen goed aan mekaar!
Bid vir die Christene oor die hele wêreld wat deur swaar beproewing en vervolging gaan. Iewers is iemand besig om ook vir jou te bid. Jesus sê ons gaan vervolg word, maar dit is dan die geleentheid wat ons gaan kry om van Hom te getuig (Mat. 10:18) Raak sensitief viur wat in jou lewe gebeur – GOD het met alles ’n doel!
Gaan vandag en maak die beste gebruik van elke geleentheid!
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.