R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“So sê die HERE, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die HERE jou GOD wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan.” (Jes. 48:17)
Raak jy nie soms ook moeg in jou pogings om GOD te help om jou te kry waar jy gedink het jy moet wees nie? Jy is só bekommerd oor wat nog alles kan verkeerd loop dat jy lankal nie meer jou lewensreis geniet nie. Geen wonder die mens van ons dag is só lewensmoeg nie!
Onthou jy nog die dae toe jy as kind sommer net in die motor geklim het as julle iewers heen gery het? Dalk was dit vir ’n lekker vakansie. Pa en ma het alles gereël en al die kos en klere ingepak. Ja, dalk moes jy sorg vir jou eie tas maar ma het altyd kom seker maak jy het alles in jou tas gepak wat jy moes. Die feit is dat die belangrikste dinge deur pa en ma gereël is. Die motor was vol brandstof, die bande gepomp en die reisplan is presies uitgewerk. Jy as kind moes net inklim en saamry om die lekkerte geniet!
Wel, ek glo dat GOD ook dieselfde doen as hemelse Pa. Hy is in beheer van ons lewensreis en Hy weet waarheen ons op pad is. Ons is Sy kinders en ons moet net in die motor spring. Hy bestuur en Hy sal ons veilig na ons bestemming lei. Ek en jy sit op die agterste sitplek terwyl Hy as Pa die motor bestuur. Moet asseblief nie probeer om Hom voor te skryf hoe Hy moet ry of watter pad Hy moet kies nie! Jy sou dit tog nie as kind teenoor jou pa of ma gedoen het nie. Geniet jou voorreg as kind om net te mag saamry.
Ek het geleer dat hoe meer ek aan GOD oorgee en toelaat dat Hy in beheer bly, hoe meer geniet ek elke dag dit wat ek doen. Leer om Hom meer en meer te loof vir alles wat op jou pad gebeur, al is dit nie altyd vir jou verstaanbaar nie. Hy is die Almagtige GOD met ontsagwekkende krag en wysheid. Hy wil jou soms nuwe dinge leer en nuwe plekke wys. “GOD is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat GOD jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie?” (Rom 2:4) Ja, bely weer vir ’n slag jou afhanklikheid van Hom wat jou lewe bestuur. Sê vir GOD dankie vir waar jy bly, watter werk jy kan doen en wat met jou gebeur. Geniet die mooi van die natuur om jou, die voorreg van jou gesondheid en die mense wat GOD op jou pad bring.
Hierdie is jou lewensreis, jong! Geniet dit! GOD is in beheer! Hy hou die stuurwiel vas!
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.