R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Nadat die ligaspan van Gansbaai die finaal van die Voorgee Liga, Overberg streek, gehaal het moes hulle teen Kleinmond oor twee wedstryde uitspeel om die wenner te bepaal. Elke wedstryd het 8 punte getel.
Die eerste wedstryd het op Kleinmond plaasgevind en Kleinmond het Gansbaai oortuigend met 6½ teen 1½ geklop. Dit het beteken dat Gansbaai die tweede wedstryd met ten minste 7 teen 1 moes wen om as die wenners gekroon te kon word.
Op Saterdag 8 Augustus het die spanne mekaar die stryd aangesê. Onder die leiding van die kaptein, Jacques Nell, het die manne baie hard baklei en uiteindelik met 'n ongelooflike poging die wedstryd met 8 teen 0 gewen.
Randall Newman van die Boland Gholf Unie, was in beheer van die wedstryd.
Dit is die eerste keer in die geskiedenis van Gansbaai Gholfklub dat dit vermag kon word.
Die span gaan nou teen die wenners van die ander 3 streke uitspeel om die algehele Boland wenners te bepaal.
Ons wens die span alle sterkte toe.
André Roos
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.