Gesondheidswerkers “Back to School”

Gesondheidswerkers “Back to School”

Gansbaai Courant

“Dit is baie belangrik dat ons gemeen-skaps-gesondheidwerkers goed opgelei is in alle aspekte van die werk, daarom word daar op gereelde basis opleiding deur buite instansies aan hulle verskaf,” sê Ena Geldenhuys, Tuisversorgings-koördineerder vir Ikamva. “Vandag se werkswinkel het gegaan oor etiek in die werkplek.” Jolande Sauls van Ikamva het deur middel van die Departement van Gesondheid die werkswinkel geïnisieer. Die tema vir die werks-winkel was “Terug skool toe”. Die gemeenskaps-gesondheidswerkers se kleredrag en ook selfs hul pouse-kos het by die tema ingepas en almal was in skooldrag geklee. Die tradisionele toebroodjie vir pouse is ingepak, met die uitsondering van “hot chocolate”, aangesien die weer baie koud was en alles was so reg in die kraal vir ‘n gesellige, maar leersame werkswinkel. “Vir ons is dit baie belangrik dat etiek in die werkplek goed verstaan moet word om Ikamva en tuisversorging se naam hoog te hou as ‘n professionele diens,” sê Ena. Malinda Karsten en haar span van “Right to Care”, ‘n nie-winsgewende organisasie in  die Overstrand, het die werkswinkel aangebied. Die verskillende aspekte van etiek is deur middel van rolspel aan die gemeenskaps-gesondheidwerkers oorgedra, wat terselfdertyd vir genoeg humor gesorg het. Ena sê aan die einde van die werkswinkel, waarvan almal deel was, sy met sekerheid kan bevestig dat die gemeenskapsgesondheidwerkers nou ten volle bewus is van alle aspekte van etiek en dat hulle weer eens besef het hoe belangrik dit is om almal in ‘n span saam te werk ten einde hulle doelwitte te kan bereik. Aspekte waarop veral gefokus is, is tydskedules, eerlik-heid, konfidentualiteit, diskriminasie, die bestuur se invloed op die diens en uitvoering daarvan met die vier bene waarop etiek in die werkplek rus: etiese leierskap, etiese aksie, etiese opleiding en etiese bewusmaking.                  

Hardus Botha

Gesondheidswerkers “Back to School”

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant