R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Vir die tweede agtereenvolgende jaar het Gansbaaiers uitstekend tydens die prestige Burgemeesterstoekennings-aand op 25 Augustus 2015 gevaar. Sewe Gansbaaiers was onder die genomineerdes in verskillende kategorieë, waarvan vier wenners was. “Aan almal wat vanaand ‘n sertifikaat ontvang het, baie geluk en dankie vir die voorbeeld wat aan ons almal gestel word - dit kán ‘n verskil maak!” het Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester gesê.
Die Vrou van die Jaar Toekenning is aan Kim “Sharklady” MacLean oorhandig vir haar passie vir grootwithaaie en haar optrede as ‘n ambassadeur vir die omgewing. Derde was Hermine Groenewald wat op 80-jarige ouderdom steeds in diens van haar roeping staan om die armes van Gansbaai te help.
Die Omgewingsbewarings Trofee is vanjaar deur Gansbaai se Michael Rutzen ingepalm vir sy uitstaande bydrae op die gebied van marienebewaring en -navorsing. Wilfred Chivell was vanjaar die opvolgwenner vir sy African Penguin and Seabird Sanctuary.
In die kategorie “Sertifikate vir Uitnemendheid” het twee Gansbaaiers uitgeblink. Natasha Bredenkamp vir haar betrokkenheid by etlike programme, asook haar uitnemende bydrae op sportgebied. Nog ‘n Gansbaaier in hierdie kategorie is Gabbi Jonker van Flower Valley Farm vir haar groot impak op die gemeenskap en haar suksesse met Flower Valley Early Learning Centre. Olga Swanepoel van De Kelders het ‘n Sertifikaat vir Nominasie in hierdie kategorie ontvang vir die wyse waarop sy as 80-jarige haar liefde vir kuns en kwiltwerk met ander deel en opleiding verskaf.
In 2014 was daar nege Gansbaaiers onder die groep van genomineerdes en onder die finaliste was daar twee, terwyl 5 uit die 8 genomineerdes vir Sertifikate vir Uitnemendheid ook Gansbaaiers was. “Baie geluk aan vanjaar se ontvangers van toekennings, Gansbaai Courant en die gemeenskap is trots op julle!”
(Foto’s: Bernard Jordaan van Nasionale Pers-Sentrum)
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.