R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Ons het besluit dit is tyd om vir ‘wiele’ vir Kobus du Toit te sorg,” sê Pieter Maree, voorsitter van Gansbaai se Motorfietsklub, die Scattered Links, Overberg Chapter.
“Ons sal nog besluit of ons ‘n behoorlike en outomatiese Driewiel-motorfiets gaan koop en of ons sy bestaande motorfiets op ‘n professionele wyse gaan verander om by sy omstandighede aan te pas, aangesien dit ‘n enorme frustrasie vir hom is omdat hy nie onafhanklike vervoer het nie.” Kobus (Spikkels) du Toit was op 8 Januarie 2014 in ‘n ernstige ongeluk met sy motorfiets betrokke, nadat ‘n motorbestuurder ‘n U-draai op die Kleinbaai-pad voor hom gemaak het. Sy linkerbeen is só ernstig beskadig, dat daar ná vele operasies finaal besluit is om die been op 6 Augustus vanjaar te amputeer. Kobus het intussen goed aangesterk en hanteer die verlies van sy been positief. “Dit is baie moeilik om aan die situsasie gewoond te raak, veral met die hou van my balans, maar ek begin regkom,” het Kobus gesê. Nou loods die Scattered Links, Overberg Chapter, asook die Kaapse Chapter ‘n fonds-insamelingsveldtog om Kobus terug te kry op wiele. “Ons Overberg Chapter, asook die Kaapse Chapter het elk R5,000 uit klubfondse beskikbaargestel,” vertel Pieter.
“Ons benodig egter nog minstens R20,000 om ons plan te laat realiseer.” Pieter doen ‘n ernstige beroep op individue en besighede om finansiële bydraes tot hulle fondsinsamelingsprojek te lewer. Hulle wil graag vir Kobus so gou as moontlik help met onafhanklike vervoer. “Indien ons goeie samewerking kry en daar is oortollige fondse, sal dit net so aangewend word vir ‘n bydrae tot die aankoop van ‘n prostese wat ook nog vir Kobus wag,” sê Pieter.
Vir navrae en/of donasies kan Pieter Maree by 083-292-0190 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hom by scatteredlinks.overberg@gmail.com.
Die klub se bankrekening vir inbetalings is: ABSA; Scattered Links MCC Overberg; Spaarrekening no 927 530 8145. Erkenning sal aan alle donateurs gegee word, met Kobus wat hopelik na sy eie “wiele” kan uitsien.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.