R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Laerskool Gansbaai leer-ders het vereens bewys wat in hulle steek met prestasies in Eisteddfod, Astroquiz-gansies en Spelling Tweet kompetisies.
Eisteddfod
Laerskool Gansbaai se deelname aan die Beeldende Kunsafdeling van die Overberg Eisteddfod in Kleinmond op Vrydag, 21 Augustus 2015, het vir pragtige prestasies gesorg. “Die Gr 1 tot Gr 7-leerders wat deelgeneem het, het baie goed gevaar en pragtig geteken,” sê Vickie Cilliers, Eisteddfod Koördineerder.
“Hulle het 4 Cum Laude, 13 Goud- en 32 Silwer sertifikate verwerf en ons is baie trots op hulle!” Sy bedank graag al die ouers, asook Heidi Chivell wat met die vervoer van die leerders na Kleinmond gehelp het. “Baie geluk aan Tiaan Fourie (Gr 2) en Werner van Zyl (Gr 7) wat onderskeidelik in die Junior- en Seniorafdeling as die algehele wenners aangewys is,” sê Vickie. “Dit is die eerste keer dat ons skool altwee plekke in hierdie kategorie van die Overberg Eisteddfod losslaan - welgedaan julle!” Sy sê hierdie twee leerders se kunswerke is by die OAK Konsert wat op Woensdag, 2 September 2015 plaas gevind het, uitgestal. Hulle sou ook hul medaljes tydens dié spoggeleentheid ontvang het.
Astroquiz-gansies
Baie geluk aan die Astroquiz-gansies wat op Vrydag, 28 Augustus 2015 aan rondtes 3 en 4 by die Suid-Afrikaanse Astronomie Observatorium (SAAO) in Observatory, Kaapstad deelgeneem het. Hulle het tot by rondte 4 gevorder, maar daar uitgeval. “Ons is steeds baie trots op julle!”
Spelling Tweet
Leerders van Laerskool Gansbaai het op Dinsdag, 25 Augustus 2015 aan die Overberg Distrik se Spelling Tweet-kompetisie by Zwelihle Primêre Skool deelgeneem. Sowat 22 laerskole het aan die Spelling Tweet deelgeneem. Uit ‘n moontlike sewe 1ste plekke by dié kompetisie, het Laerskool Gansbaai se leerders vyf 1ste plekke behaal. Hulle neem weer op 10 September 2015 aan die volgende kompetisie deel. “Baie geluk aan almal wat deelgeneem het - julle is tops!”
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.