Pret en Plesier vir Familie en Vriende

Pret en Plesier vir Familie en Vriende

Gansbaai Courant

Hierdie Fees op 18-20 September vanjaar beteken net Pret en Plesier vir Familie en Vriende. Na ons eerste suksesvolle fees in 2014, beloof die Funky Fynbos Fees wat gefokus is op pret en plesier vir familie en vriende, om ‘n naweek te wees om te onthou. Toegang tot fees en stalletjie areas is gratis. Vrywilligers om vanaf 14-17 September met die Funky Fynbosuitstalling te De Uijlenes te help, word benodig. (Sylvie by 073-277-5842 of Aletta by 082-499-0230) Buiten drie bergfietswedrenne sal daar ook 3 bergwedlope wees. Aktiwiteite vir kinders sluit korter bergfietswedrenne, bergwedlope, pedaal aangedrewe go-karts, kulkunstenaars, modelvliegtuie, springkastele, gesigsverf en ook ‘n paar ander verrasings in! Ons sal ook ‘n looitjie trekking hê vir ‘n Monsen ‘Big Gun’ vetfiets vir grootmense, (ter waarde van R12,000) en ‘n kinder ‘Junior 20” Rapid’ vetfiets (ter waarde van R3,750), wat gedeeltelik geborg word deur Euodia Cycles. Elke deelnemer aan die bergfietswedren en bergwedloop sal outomaties ingeskryf word vir hierdie prys. Die Gansbaai Hawe sal aktiwiteite soos visbraai, lewendige vermaak en pret vir kinders aanbied. Vir die natuurliefhebber sal daar Fynbos safaries, perdryritte in die fynbos of op die strand aangebied word. Gansbaai Gholfklub sal ‘n gholfkompetisie aanbied, terwyl voëlkykers ook welkom is.

Opwindende ritte langs die kus en begeleide vetfiets roetes sal ook beskikbaar wees. Loer by die Lomond wynkelder in vir wynproe en ‘n ‘pop up’ restaurant vir ‘n  artisanale kos ervaring vir die fynproewer, wat lewendige musiek, asook ‘n vlieghengel kompetisie insluit! De Uijlenes sal die bekende Gansbaai Fynbos uitstalling ten toon stel, met lewendige vermaak, ‘n speelpark vir kinders, handwerk en kosstalletjies. Strandskloof Karavaan Park sal 4x4 aksies aanbied met roetes vir die ervare en onervare deelnemer tot by Witblitz. Alle roetes sluit gidse en reddingspersoneel in. Perlemoenpotjie en baie ander kos sal beskikbaar wees met ‘n spitbraai later met die spanne. Kinders kan lekker speel en deelneem aan trein-ritte, springkasteel en voovie slide; en moenie vergeet van die ‘lucky draw’ nie! Groeneweide in Franskraal bied hierdie jaar uitstallings en verkope van selfdoenprojekte aan. Lekker kos sal beskikbaar wees met wyn, bier en musiek vir almal. Kinders kan die plaasdiere besoek en baljaar op die klimraam. Bring gerus julle Radiokontrole Vliegtuie en geniet die uitstalling en verkope by Hermanus Hobbyland. Die attraksies waarvoor Gansbaai wêreldwyd bekend is, soos haaiduik met die Grootwithaai en 4 verskillende maniere om na walvisse te kyk – per helikopter, per vliegtuig, van land of per boot, word ook aangebied.  Helikopterritte vir algemene besigtiging sal ook beskikbaar wees. ‘n Gedeelte van die fees se opbrengs sal aan ‘n liefdadigheidsorganisasie geskenk word, wat later geïdentifiseer sal word. Jy kan aanlyn inskryf vir die: “Rockets Funky Fynbos Mountain Bike races”, “Cape Mohair Trail Runs” en “Flower Power 4X4 events”. ‘Goodie’ sakkies sal deel uitmaak van die inskrywingsprys vir die bergfietswedren en wedlope. Die waarde van die pryse beloop R120,000 wat kontant, geskenkbewyse vir haaiduik, walviskyk en akkommodasie in die Gansbaai area insluit. Kom geniet die Funky Fynbos Fees en eien JOU gedeelte daarvan! Vir meer informasie en om op hoogte te bly, besoek ons by www.funkyfynbos.co.za en volg ons op Facebook – Funky Fynbos Festival / Twitter @FunkyFynbos1. 

Vind meer uit oor Gansbaai by www.xplorio.com/gansbaai of www.gansbaaiinfo.com. Come Cycle, Run or just have Fun! Kontaknommer vir navrae: 082-689-0355. 

Michelle Williams

Pret en Plesier vir Familie en Vriende

Michelle Williams

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant