R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Ek wonder dikwels : is my kleinkinders regtig beter af om te sien hoe hulle ouers vleis in pakkies, melk in plastiekbottels, brood in plastieksakkies en eiers in boksies in ‘n winkel koop? Hulle het geen visuele kennis van waar dit vandaan kom nie en daarom het hulle geen aanvoeling vir die bewaring van ons hulpbronne nie. Kinders is so nuuskierig en kan met soveel verwondering staan ek kyk wanneer Oupa ‘n vis skoonmaak. En al die vrae! In hulle klein wêreldjie is dit ‘n groot ontdekkingstog. Een van die eerste uitstappies waarop ouers hul peutertjies neem, is sekerlik ‘n plek waar hulle plaasdiere van naby kan beskou. Om ‘n wollerige lammetjie in daardie klein armpies vas te hou, is ‘n grootoog-oomblik. ‘n Paar jaar later staan die kind saam met Mamma voor die vleisrak in die supermark en hoor van lamsvleis. “Mamma, waar kom lamvleis vandaan?” “Van lammertjies af, my kind.” “Daai lammertjies wat ons by die diereplaas gesien het?” “Ja, my kind.” En daar vlieg die kind tussen die rakke deur kar toe met ‘n bloedstollende “Whaaaaa!” Die klandisie en personeel is op hulle agtervoete en weet nie herwaarts of derwaarts nie. Hoe kry ‘n mens so ‘n sielsverwarde kind tot bedaring? Wat sê jy? Hoe verduidelik jy dat dit ‘n reël van die natuur is? Hoe herstel jy jou kind se vertroue in jou, want in daardie gemoedjie is jy die gemeenste mens op aarde. Eers oe en aa jy dat die kind die diertjie moet vashou en dan staan jy met stukke van sy lamlyfie in jou hand om te gaan gaarmaak by die huis!
Ons wittebrood is deur reën onderbreek. Dit was saaityd in die Strandveld. Op ‘n donker winteroggend toe hy van die melkstal af kom, kondig my bruidegom aan dat daar ‘n skaap in die slaghok hang vir my om te bewerk, want hy was op pad land toe. Ek was heel selfversekerd, want ek het mos al baie dopgehou wanneer hy slag. Met die vel, binnegoed en lieslappe het dit amper te maklik gevoel. Die blaaie se lossny was ‘n ander storie. Dit het ‘n hele paar snye gekos om reg in die lit uit te kom, so ook met die een boud. Die paar dikvleisflertse wat rondom die litte losgehang het kon maar by die lieslappastei kom. My man het dit maklik laat lyk om die ribbes van die rugstring los te kap: net twee kappe van die byl aan elke kant. Ek het spoedig besef ‘n man met ‘n stewige arm en amper twintig jaar se ondervinding se voorbeeld gaan ek nie sommer op die eerste dag ewenaar nie. Omdat die een boud reeds afgekarring was, het die karkas ongelyk gehang en ek had nie die slag en krag om dit met een hand te kon stilhou nie. Die kalf was egter in die put en die skaap aan die haak. Met ‘n halwe borsbeen stewig in een hand, haal ek bo my kop uit met die byl. Net drie ribbebene kom los en die karkas swaai met die impak van die hou uit my hand uit. Met die tweede kap vat ek ‘n stuk van die rugstring ook saam. Met die navigasie om daar uit te kom, verlaat ek die pad aan die ander kant en kap diep in die dunribbes in. Die anderkantste rib kom nog slegter daarvan af, want nou kap ek teen my hand. Ek probeer dit van die buitekant van die karkas af, met nog minder sukses. Teen ‘n spoed maak ek my vleis bymekaar en sorg dat dit in die vrieskas is toe Manlief kom brekfis eet. Gebakte lewer en niertjies in ‘n suursous met ‘n lang, stil gebed dat hy nie die vrieskas moet oopmaak en inspeksie hou nie. Hy het nie, want dit was saaityd. ‘n Man wat kan en ken, weet egter oombliklik aan dit wat op sy bord beland hoe ‘n skaap nié geslag moet word nie. En dan sit ek heimlik en wens ek het die geleentheid om vir my kleinkinders te wys hoe dit gedoen word? Liewer nie, laat hulle maar glo die vleis kom uit ‘n koelkamer.
Carine Badenhorst
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.