R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Daar is besluit om met tussenposes rubrieke wat geskryf is oor van die Hardebaarde weer te plaas.
Indien nie, is die kans daar dat die wysheid wat hulle deel verlore kan gaan. Somtyds sal gevind word dat selfs hulle sieninge van mekaar kan verskil, maar dit beteken nie dat die feite verkeerd is nie. Elkeen het mos maar sy eie idee oor wat vir hom beter werk maar hulle ondervinding en raad sal altyd van krag bly en daarom is dit so waardevol. Van hierdie Hardebaarde is nie meer met ons nie en ek is net dankbaar dat ons wel die voorreg gehad het om dit te dokumenteer. Die bydrae sal egter nie gaan oor die persoon nie, maar oor sy kennis. Daar sal dus nie verwys word, wanneer dit dalk nodig blyk te wees, na oorlede so en so nie. Wees asb. verseker dat al die Hardebaarde (veral die wat nie meer met ons is nie) altyd ons hoogste agting sal geniet. Hou asb. in gedagte dat hierdie Hardebaard-artikels baie jare terug verskyn het en sommige verwysings en feite vandag dalk anders daar sal uitsien.
Ons begin vandag met Jan van Deventer.
Jan van Deventer (Jan Tand), skipper van Hamerkop maak wel gebruik van ‘n GPS maar kan net sowel daarsonder. Lees hoe beskryf hy die ligging van Kopsteen: Draai regs na jy Gansbaaihawe verlaat totdat Gansbaai se afloop teen die berg (Willie Swart se plaas) oplyn met die twee oorheersende dennebome. Die kerktoring moet regoor ‘n huis wees wat ‘n baie helder groen dak het.
Die Vlagpaal weer, by Dyerseiland word bepaal deur Buffelsjachs se afloop op te lyn met die Clyde se groot rots. Dan moet die vlagpaal op die eiland gesentreer word tussen die twee eilandhuise.
Jan vertel ook hoe jy die veilige gedeelte van Kleinbaaihawe kan bereik. Wanneer jy deur die poort is, gaan bietjie na regs (bamboes en Black Sophie) se kant toe. Die water is daar vir rukkies stil. Met die terugkomslag is dit somtyds veiliger om deur die sloepie te beweeg -- lyn die groterige klip wat strand se kant van Black Sophie lê op met die hoë bome voor die huis waar die pad elmboog maak.
Draai dan skerp links sodra jy die hoofpoort bereik. Somtyds is hierdie sloepie ook die beste opsie met die uitgaanslag aangesien jy die branders reg van voor kry. Oppas net, ons weet almal dat jy maar die branders moet dophou hier.
Hy meen ook dat die geelbekmark dikwels swak is as gevolg van die vis wat in ander streke in warmer water gevang word en meestal in ‘n swakker kondisie is. Die vis “lê ook gou deur”. Dit word dan hierheen aangery. Hy staaf sy argument deur te meld dat sardyn wat in warmer water (hier by ons) aangekeer word ook maar sleg daar uitsien.
Dankie vir die wyshede, Jan. Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.