R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Raymond Rabe (71), bekende sakeman in Gansbaai en mede-eienaar van R & R Alimunium saam met sy eggenote, Roza Rabe, het op Dinsdag, 28 Augustus vanjaar by die werk onverwags inmekaargesak. Hy is inderhaas na Hermanus Medi-Clinic se Intensiewe Sorgeenheid geneem waar hy in isolasie geplaas is. Vir die daaropvolgende drie weke was Raymond in ‘n koma. Die mediese span het tydens toetse bevind dat hy twee bakterieë opgedoen het, waarvan die een septisemie (septicemia) is, terwyl die ander een tot op datum nog nie geïdentifiseer is nie. Terwyl Raymond in ‘n koma was, is altwee sy bene onder die knieë geamputeer. Onlangs is al vyf die vingers van sy linkerhand geamputeer, asook drie van sy regterhand se vingers vanaf die pinkie. Sy neus is ook “afgeskilfer” en hy sal nog ‘n soortgelyke operasie moet ondergaan. “Raymond is baie positief en aanvaar die situasie waarin hy homself bevind, al is dit baie moeilik,” sê Roza. “Soms raak hy nog baie hartseer, veral wanneer hy oor Gansbaai en ook die Birkenhead Boothengelklub praat.” Ná meer as 4 weke in die Intensiewe Sorgeenheid, is Raymond op Dinsdag, 29 September na Saal B oorgeplaas. Tydens ‘n besoek aan hom hierdie week, het hy onophoudelik vir bykans ‘n uur heerlik gesels. Daar was hartseer oomblikke tydens die gesprek, maar terselfdertyd het sy bekende humor weer na vore getree. “Die een suster lyk vir my nes Matrone van 7de Laan,” het hy vertel. “Toe ek haar vra: ‘Matrone, gaan die kos net so lekker wees soos Matrone van 7de Laan se kos?’, sê sy so ewe vir my: ‘Jy begin alweer, nê!” ‘n Baie mooi opmerking van Raymond was dat hy sy situasie ten volle aanvaar en dat hy nooit sal vra waarom dit met hom moes gebeur nie. “Ek glo die goeie Vader het ‘n doel met dit wat gebeur het, al verstaan ek dit nie nou nie,” het hy gesê. Raymond en Roza het hulle welbekende besigheid, R & R Alimunium sowat 17 jaar gelede aan die einde van 1998 geopen, wat nou deur Roza in Raymond se afwesigheid steeds voluit bedryf word. Die egpaar was ook stigterslede van die ewe bekende Birkenhead Boothengelklub sowat 27 jaar gelede op 16 Junie 1988. Hulle het altwee jaar na jaar op die Bestuur gedien, met Raymond wat sedert 2002 tot en met 2013 as voorsitter gedien het. Gedurende al die jare was Raymond ‘n kranige boothengelaar met sy boot, Laura 2, terwyl hy ook sy immergewilde Musiekfabriek tydens alle funksies lewendig gehou het. Roza is in Februarie 2014 met kanker gediagnoseer en het kort daarna ‘n chemo-reeks deurloop. Sy het onlangs weer met chemo begin wat voorlopig tot Februarie 2016 sal duur. “Ek wil graag via Gansbaai Courant my opregte waardering uitspreek teenoor besoeke en ondersteuning wat ons reeds ontvang het, maar veral ook vir die talle telefoonoproepe van belangstelling en beterskapwense wat daagliks instroom,” sê Roza. Sodra Raymond genoegsaam herstel het, sal hy na ‘n rehabilitasiesentrum in die Kaap, die Vincent Pallotti oorgeplaas word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.