R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Lees eers hierdie onbeskryflike mooi gedeelte in 1 Petrus 1:3 en 4 (Die Boodskap Vertaling):
“GOD, die Vader van Jesus Christus, is darem groot en wonderlik. Hy self het ons Sy kinders gemaak. ’n Mens staan verstom oor Sy geweldige goedheid. GOD het ons beloof dat wat Syne is, ook ons s’n is. Met al die dinge wat Hy vir ons beloof het, kan niks skeefloop nie, want dit kan nie stukkend of verlore raak nie. GOD bêre dit vir ons daar by Hom. Daarom twyfel ons nie een oomblik dat GOD Sy woord gaan hou nie. Ons weet dit gaan gebeur, al weet ons nie wanneer nie.”
Die afgelope naweek (Maandag 28 September) het ons die vierde rooi maan (maansverduistering) in ’n siklus van ’n jaar beleef. Wat dit nog meer merkwaardig gemaak het, is dat die vier maansverduisterings presies saamgeval het met die vier laaste feeste waaroor die Bybel in Levitikus 23 skryf. Die vraag word dan ook baie ernstig in baie geloofsgemeenskappe gevra: Het die eindtyd aangebreek? Is al die verskriklike oorstromings, oorloë, vervolging van die Christene, nie alles tekens van die eindtyd wat aangebreek het nie? Moet ons as Christene nie onsself gereed kry vir die wederkoms van Jesus nie?
Ja, ons moet te alle tye gereed wees. Die wederkoms kan enige dag aanbreek volgens die Bybel. (Lees die gedeelte in Matteus 25:1-13 oor die vyf verstandige en vyf onverstandige meisies.) Maar is ons gereed? Is ons gered? Die Bybel is baie duidelik hieroor. As jy in Jesus glo, gee GOD vir jou ’n nuwe lewe saam met Hom, die ewige lewe. (Joh. 3:16) Hierdie gedeelte hier bo uit 1 Petrus 1:3,4 en ook vers 23 verseker jou dat jy, omdat jy glo in Jesus, aan dieselfde familie as Jesus behoort. Dit is waarna die Bybel as die wedergeboorte verwys. Iemand wat sy hart aan Jesus gegee het (deur jou sonde te erken en jou geloof in Jesus te bely), word ’n tweede keer gebore (’n geestelike geboorte). Net soos wat jy nie met jou eerste geboorte kon keer dat jy in hierdie wêreld in gebore word nie, kan jy, as jy Jesus as jou Verlosser bely, nie keer dat GOD jou as Sy kind in die geestelike lewe laat ingaan nie. Niks kan jou nou meer keer om in die hemelse Vaderhuis in te gaan nie! Omdat jy glo in Jesus begin jy dan ook hierdie nuwe geestelike lewe van dag tot dag leef.
Wat ’n wonderlike GOD het ons nie! Ons leef nou alreeds as nuwe mense wat na die beeld van Jesus verander is. Ons sien met verlange uit dat die ewige lewe sal aanbreek (die wederkoms) wanneer GOD ons saam met Hom in Sy vaderhuis sal laat woon (Joh. 14:1,2). Daarom hoef Christene nie te vrees vir die eindtyd nie, want ons weet mos: Ons toekoms het die dag begin toe ons Jesus as ons Verlosser bely en aanvaar het. Die toekoms begin NOU!
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.