R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Jami-Lee Saunders (22), ‘n junior sjef van Grootbos Foundation, is onlangs as “Jong Sjef van die Jaar 2015” aangewys - en dit sonder enige formele opleiding óf kwalifikasies.
Hierdie is die derde Gala-jaar waartydens sjefs van die jaar vir toekennings in aanmerking kom, maar dit is die eerste jaar waarby “jong sjefs” ingesluit was - en hierdie jong dame stap in die 1ste plek met die toekenning, ‘n trofee en ‘n sertifikaat weg! Sowat 75 groot en top-restaurante word jaarliks vir hierdie toekenings geselekteer. Ingesluit by die toekenning is ook ‘n wonderlike oorsese geleentheid vir haar. Jami-Lee word volgende jaar na Duitsland, Frankryk en Switserland gestuur om ‘n tydperk se kosbare ondervinding in ‘n top-restaurant in elk van hierdie lande op te doen.
Jamie-Lee is op 16 Junie 1993 gebore, maar is sedert sewe-jarige ouderdom ‘n Gansbaaier, nadat haar ouers, Kelly en Glenda Saunders van Tableview hierheen verhuis het. “Toe ons hierheen verhuis het, kon ek nie ‘n woord Afrikaans verstaan of praat nie, maar ek moes dit vinnig aanleer,” vertel Jamie-Lee. Sy deurloop haar laerskooljare in Laerskool Gansbaai, waarna sy haar matriek in 2011 aan die Overberg Hoërskool (koshuis) in Caledon verwerf. Jami-Lee het ná skool sowat 2 jaar in Florida spandeer. Grootbos Foundation het haar ‘n skrale 2 jaar gelede in diens geneem en haar die geleentheid gebied om as beginner-sjef vir hulle te werk. Tans is sy hulle “Commi Pastry” sjef.
“In kort beteken dit ek fokus op verleidelike soetgoedjies,” vertel sy met ‘n skalkse glimlag. “Dit is so dat ek oor geen formele opleiding of kwalifikasies beskik nie, maar alles wat ek weet, het ek by my fantastiese senior sjefs hier by Grootbos geleer.” Sy bedank graag elkeen van hulle, maar veral die Bestuurder/Hoofsjef, Ben Conradie vir die groot geleentheid vir deeglike opleiding en ervaring wat sy deurloop het. “Alhoewel my passie in voedsel geleë is, is ek baie, baie lief vir diertjies en my blyplek is vol daarvan!”
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.