R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Tannie Rens Fourie (96), die oudste inwoner van Herberg-aan-See (HaS), is op Saterdag, 3 Oktober 2015 oorlede, enkele maande ná haar verjaardag op 25 April vanjaar.
Wyle Tannie Rens was ‘n bevoorregte moeder, ouma, oumagrootjie en groot-groot oumagrootjie. Jaar na jaar het die kinders, kleinkinders, agterkleinkinders en familielede by HaS bymekaargekom en sommer ‘n groot partytjie vir haar gereël - met genoeg eetgoed sommer vir HaS se sitkamer vol vriende en familie, ook vir die inwoners. Jaar na jaar het Gansbaai Courant ‘n beriggie oor hierdie pragtige Omgee-familie en Tannie Rens se verjaardae geskryf. Vanjaar gedurende April was dit die laaste keer wat die familie te beurt geval het om dit te kon doen. Die volledige 5 geslagte was teenwoordig: Tannie Rens Fourie, Maria Otto (skoondogter), Ronel Visser (kleinkind), Marnel Rossell (agter-kleinkind) en Mienke Rossell (agter-agter-kleinkind). Tannie Rens het alles rustig op haar bed gelê en gade slaan, maar die vonkel in haar oë het vertel dat sy groot waardering het vir al die moeite wat vir haar verjaardag gedoen is en die gesellige samesyn van familie en vriende wat haar op haar verjaardag besoek het en bederf het.
Die familie bedank graag HaS se bestuur, die personeel (veral vir Anita van Dyk) en past Frikkie Zeelie vir die aandag en versorging wat Tannie Rens deurgaans ontvang het. ‘n Diens ter nagedagtenis is vandag (Donderdag, 8 Oktober) om 11:00 in Gansbaai Aanbiddingsentrum (AGS) deur past Frikkie Zeelie waargeneem. (Argieffoto’s: Gansbaai Courant)
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.