R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Indien jy ‘n kans gewaag het en ‘n paar dae op see was sou jy kon spog met ‘n paar vis. Meerendeel was dit silwervis en mooies, op die koop toe. Die romanne en PW”s was ook taamlik volop terwyl hotties ook te kry was, maar oor die algemeen van middelmatige grootte was.
Van al hierdie visse het daar kort-kort ‘n bulletjie te voorskyn gekom, en dis mos waaroor hengel gaan! Die weer bly steeds onvoorspelbaar en dit beinvloed nie net of jy dit op see kan waag nie maar ook watter vis om te teiken. Gelukkig is daar ‘n groot variasie en oor die algemeen kan nie gekla word oor wat gevang word nie. Maar onthou, die vis byt nie op droë grond nie.
Dis altyd noodsaaklik om daarop te wys dat veral wanneer die vis aan die byt gaan en die wil om see toe te gaan oorweldigend is, veiligheid in gedagte gehou moet word Veral as jy nie ‘n gesoute seemens is nie en dit lyk asof toestande ongunstig raak, keer liewer terug na die sementpad (hawe). Wat die stokmanne betref, daar word wel reeds kabeljou gevang, maar daar moet opgelet word vir die regte kleur water.
By Rooikransies was daar paar dae terug mooi vaalwater en is ‘n paar vis gevang. Die begin van die kabeljouseisoen kan jy maar sê is met ons en veral die amperbootjies sal nou tot hul reg kom. Ek weet van ‘n paar ouens wat al lekker aan die gebakte kabeljou gesmul het! Wat die weer aanbetref sal die manne wat hul oog hou op die vang van byv. geelbek, hoop vir suidweswinde terwyl die kabeljoukêrels die suidooswinde sal verwelkom. Ek het meer hoop vir laasgenoemde want dit is tyd daarvoor. Die kabeljou gaan in elk geval nou vlak water toe.
Maar moenie ‘n fout maak nie. Hierdie kwessie is baie onvoorspelbaar en ek sal beslis ook op die uitkyk wees vir vis anders as kabeljou en geelbek. Hou maar jou oog op die weer en tree daarvolgens op. So tussenin word daar ook mooi galjoen gevang, maar hou die almanak dop, die afsnydatum is die 15e van hierdie maand.
Groete, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.