R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Fanie Velskoen en Melindi Charle, deesdae ‘n huwelikspaartjie, tree op Saterdag, 7 November 2015 om 19:00 ten bate van Herberg-aan-See in die Pretoriussaal op.
Dit is twee talentvolle kunstenaars wat hulself lankal reeds bewys het. Hulle is altwee solo-kunstenaars, maar nou ook man en vrou vanaf April 2015 as ‘n duet paar en ouers van ’n 9-jarige dogter, Schani Pixie, 6 honde en 17 katte. Wanneer hulle optree, doen hulle meesal elk ‘n solo, met die hoogtepunt ‘n gesamentlike duette. Melindi het ‘n unieke stem wat die vokale laat werk soos ‘n instrument en haar repertoire is vanaf “pop rock” tot balades tot ligte klassiek. Vellies doen van “swing” tot by populêre “oldies” tot “modern country”, alles saam met sy ghitaar. Melindi het reeds 5 albums vrygestel en Vellies 4. Hul nuutstes is Melindi se “Wille Vicky” se woorde en Vellies se “Net een gister”.
Hulle duet album, “Bella Donna” is onlangs vrygestel - ‘n album in Afrikaans en Engels met ‘n lewendige “country” tema waarop Melindi haar produksietalent laat “bokspring”. Deesdae sluit Schani Pixie ook by haar ouers op die verhoog aan en sy is besig om in ‘n formidabele jong sangeres te ontwikkel. Melindi se groot passie vir musiek is haar liefdadigheidsorganisasie, “The Butterfly Beauty Project” wat fokus op al die “eina”-mense en diere daar buite. Op “You tube” is daar verskeie musiekvideos te sien, waarvan “Fly”, “Schani Pixie se Butterfly”, “You are my rain”, “Lepeltjie lê”, “Net een gister” en “Bella Donna”. Melindi se “Bolla” speel nou nog op Kyknet en die twee se musiek speel op radiostasies landwyd. Onthou die datum vir ‘n genoeglike aandjie ten bate van HaS: Saterdag, 7 November om 19:00 in die Pretoriussaal. Kaartjies kos R50/persoon en kinders o/12 is gratis.
Navrae aan Hester by 082-439-6256, of Herberg-aan-See by 028-384-0501, of stuur ‘n e-pos aan Hester by venterh55@gmail.com
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.