R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Ek het melding daarvan gemaak dat die kabeljouseisoen aangebreek het en dat die amperbootjies ook tot hulle reg gaan kom. Hoewel daar reeds kabeljou gevang word wag die manne nog vir die kwaai suidoosters voordat daar baljaar gaan word onder die vis -- gee net klein bietjie kans nog. Wanneer daardie bootjies voor Haaiklip gaan lê, gaan baie ander manne met verlangende oë besluit dis wat hulle ook wil doen en so gou as moontlik gaan hulle so ‘n seedingetjie aanskaf.
Ek wil graag op die volgende wys: Meeste van die manne wat daardie amperbootjies beman wéét wat hulle doen. Baie van hulle is reeds ervare manne wat die see ken. Daar moet ook daarop gelet word dat hierdie vangery ‘n katogorie op sy eie is en spesiale aandag verg. Ek sal verder verduidelik, maar kan by voorbaat sê, van die vereistes is die vernaamste, kennis, vaardigheid en baie belangrik, die veiligheidsaspek. Onthou ons praat van bootjies van so 3,25 meter (glasvesel of opblaas) en dan ‘n ligte motortjie (verkieslik) daarby. Dis baie klein -- en ook die rede waarom hulle dáárdie visplekke kan bykom.
Hoewel jy dalk die see ken vereis hierdie omstandighede dat jy spesiaal moet oplet na faktore soos die gety, die weer en die wind. Dis onnodig om te meld dat die see baiemaal wisselvallig is en omstandighede enige tyd kan verander. Met so ‘n klein bootjie kan selfs ‘n onverwagte sterk stroom ernstige gevolge inhou. Let maar gerus op dat die “ou hande” (die manne wat hierdie storie al ken) nie net gaan na byv. Haaiklip nie, maar na ‘n spesiale gaatjie, gewoonlik agter of voor ‘n kol bamboes wat sal verseker dat dit geskut is teen die rofste water. En boonop is baie van hierdie ouens ook skippers van baie groter bote, wat beteken hulle ken die veskillende omstandighede. ‘n Wyse ding om te doen is om eers kontak te maak en raad te kry van hulle. Hulle ís boothengelaars en soos die manne met die lang stokke ook nie te geneë om al hulle geheime te deel nie. Maar hulle sal help so ver hulle kan, en dis reeds baie werd. Ek gaan nie hier uitbrei oor die nodige regulasies aangaande die amperbootjies nie. Vind uit wat dit behels en kry jou inligting asb. by ‘n kundige. Dis die eerste vereiste, en hou daarby, asb.
Onthou dat enigeen maar onkundig aan die begin is en ook maar moes aanpas, so waarom nie jy nie? Net om jou lus so bietjie te prikkel. Indien jy aan al die vereistes voldoen en een of ander tyd stoot jy jou amperbootjie se neus na waar jy weet die ou groot bulle skuil, laat die ander manne maar wonder oor hoe hulle die vis gaan bykom!
Groete, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.