R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die gedagte van ‘n boeremark het sy ontstaan aan die aanvanklike ruilhandel tussen die buurvroue op die plase te danke. Die een ruil slaaiblare vir melk, die ander sny hare en word betaal met eiers. As jy te veel uie of tamatieplantjies het, ruil jy weer met die buurvrou vir groenbone, ens.
Ons tuine het egter so gegroei dat ons meer gehad het as wat ons self kon gebruik, vandaar die besluit om ook te ‘deel’ met die dorpenaars. Ons het ook besef dat die groente van ons omgewing word weggery na ander dorpe en ons plaaslike mense kry nie altyd die voordeel van die vars goed uit die kontrei nie. Ons het baie gepraat oor die moontlikheid van ‘n mark op die plaas - of ‘n geleentheid waar die mense uit die dorp kan kom groente pluk wat in seisoen is in jou tuin.
Ons het egter net bly praat, want toegang tot ons plase was vir ‘n paar jaar ‘n nagmerrie en die boere wat regtig met groente boer, was te besig om betrokke te raak, met reg, want hulle het geweet van tye waar daar niks groei nie en al die ander probleme rondom die verskaffing van vars produkte. Einde verlede jaar het ons op baie kort kennisgewing besluit om te begin met ‘n boeremark in die Industriele gebied op Westbury Speciality Feeds se perseel, omdat een van die buurvroue begin geld insamel het vir haar graad 10 dogter se oorsese toer en dit was sommer vir almal ‘n aansporing!
Ons het onder ons boerekliënte gevra om te kom deelneem, maar ook vroue en mans met vlytige vingers in die dorp. Die Markie het ‘n hele klomp gereelde ondersteuners gehad. Sommige uitstallers het baie goed gedoen en sommige het na een probeerslag moed opgegee. Die Markie was egter elke laaste Vrydag van die maand ‘n baie gesellige affêre, met lag en gesels en die bespreking van misoeste as gevolg van ‘n dorpertrop wat nie binne drade bly nie! Ruilhandel was steeds aan die orde van die dag - nou nie tussen buurvroue, maar tussen stalletjiehouers! Na die voltooing van die pad tussen B’bos en Gansbaai het ons besluit dat die mark nou moet plaas toe skuif, maar almal se onderdakstrukture was reeds beset met plaaswerksaamhede! En ‘n mark in die oopte sou net nie werk nie! ‘n Voorstel van een buurvrou is toe Bbos. Hierdie besluit is baie goed ontvang.
Ons het Kallie en Mariaan, wat die Strandveld Pub en Grill fasiliteit bestuur, vanuit Strandveld landbou-vereeniging se gebou, gevra of hulle sou belangstel om die mark eenmaal per maand te akkomodeer. Hulle het gedink dit kan werk. Ons probleem was egter dat alle plaaslike mense nie altyd wil B'bos toe ry nie en siende dat die span van Groeneweide Kwekery van die begin af deel was van ons Markie, is besluit dat daar ook ‘n Markie by Groeneweide gehou sal word. Die eenparige besluit was toe ‘n middel van die maand mark by Groeneweide en ‘n einde van die maand mark by B’bos. Daar was nou al ‘n suksesvolle mark by Groeneweide asook op B’bos.
Ons betrek al meer plaaslike produsente en hulle produkte - die volgende B’bos mark sal onder andere vleisprodukte en meer suiwelprodukte hê as die vorige markte, asook vars blomme van die omgewing, gebak en gekook, ingel en gefermenteer, handgemaakte kunsprodukte en baie om te eet. Kontreikos is aan die orde van die dag! Kerrie afval en waterblommetjie bredie! Ons hoop dat ons uiteindelike doel met die plaasmarkte in die volgende jaar bereik sal word en dit is dat ons plaaslike mense twee maal per maand direk van die boer en uitstaller goeie produkte teen bekostigbare pryse sal kan koop in ‘n lekker kuieruitstappie vir die hele gesin, by Groeneweide of op Baardskeerdersbos by die Strandveld Pub en Gril.
‘n Klompie van ons vroue op die plase wil ook baie graag klein skeppende projekte onder die plaaswerkers se vroue begin en ‘n bietjie vir hulle ‘skills’ aanleer waarmee hulle vir hulself ‘n klein inkomste kan bewerkstellig. Die totstandkoming van die twee markte is ook die begin van die ontwikkeling van ‘n mark waar die plaaswerkers se vroue se produkte verkoop kan word. Ons het ‘n hele paar idees van wat ons hulle wil leer doen, dit is egter belangrik om eers ‘n mark te skep. Ons wil dus almal nooi wat tuis skeppend is en ‘n plek soek om jou goed van die hand te sit om ons te kontak. Op die oomblik staan die lys vir uitstallers aan die einde van Oktober reeds op 20 stalletjiehouers! Die mark is elke keer feestelik!
Kom loer dus in. Kontak: Betsie by 083-655-5545 (B’bos mark) en Mathilda by 082-301-9041 (Groeneweide mark)
Betsie Slippers
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.