R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
”Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van GOD oortree.” (Mat. 7:23)
Dis ‘n vreemde vraag, nê? “Ken die HERE my?” Moet die vraag nie eerder wees: “Ken ek die HERE nie?” Jesus vra tog die vraag aan Sy dissipels: “Ek is al so lank by julle,en ken jy My nie, Filippus?” (Joh. 14:9) Maar vandag wil ek Jesus se ontstellende opmerkings in die Bergpredikasie aan jou stel:
“Nie elkeen wat vir My sê: ‘HERE, HERE’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sê: ‘HERE, HERE, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van GOD oortree.” (Mat. 7:21-23)
Kan jy die woord “Baie” in hierdie gedeelte raaklees? “Baie sal daardie dag vir My sê: “HERE,
HERE...het ons dan nie in U Naam.....” Daar is baie mense wat dink hulle saak met GOD is reg, maar dit is nie só nie. As ons sê dat ons glo in Hom, moet ons lewe immers daarvan getuig. Ons moet dit wys in die vrugte wat ons dra. Twee verse terug, In Matteus 7:19 sê Jesus: “'n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom nie goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.” Jesus wil ons waarsku: Luister na GOD se Woord, doen wat my Vader van julle vra en Hy sal julle die dag met die finale oordeel, KEN!
Natuurlik ken GOD alle mense, Hy het hulle immers geskape, dan nie? Maar hierdie “ken” verwys na GOD wat jou as Sy kind wil ken, een wat aan Hom gehoorsaam is en na Sy Woorde luister en vrugte dra wat by jou bekering pas. Sjoe! Dit klink nou anders as wat ons dit vir so baie jare in die kerke en skole geleer het! Nee, dit is nuwe woorde of leerstellings nie. Dit staan nog altyd in GOD se Woord. Ons moet dit net weer hoor. Te veel sogenaamde gelowige Christene is lou in hulle geloofslewe. Geen entoesiasme, geen ware vrugte en ’n ligsinnige leefwyse gaan maak dat GOD jou eendag kan uitspoeg omdat jy nie warm is nie! (Lees Openbaring 3:15,16) As jy sê jy is ’n kind van GOD, dan moet dit ook elke dag in jou dade sigbaar wees. (Jak. 1:22, 2:14,17) As jou geloof nie sigbaar word in jou daaglikse lewe (woorde en dade) nie, dan kan jy verseker weet: GOD ken jou nie!
Dis só maklik om op die regte pad te begin loop. GOD , die Heilige Gees, wil nou daar in jou hart werk en jou help om jou hele lewe aan Hom oor te gee. Doen dit biddend, lees meer en meer uit GOD se Woord en laat die Gees jou in alles lei. Dan sal jy ook vrugte dra!
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.