R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Op 27 Oktober 2015 het Franskraal Rolbalklub 'n ope toernooi vir spanne wat bestaan uit 3 dames aangebied.
Die getal inskrywings moes beperk word weens die opgradering van die A-perk, maar die B-perk was ten volle benut deur 14 spanne wat ingeskryf het, nl. 4 elk van L’Agulhas en Hermanus en 6 van Franskraal. Dit was nogal 'n kleurvolle gesig aangesien die dames almal pienk hemde gedra het om hulle ondersteuning vir kankernavorsing te toon. Die weer het mooi saamgespeel en na al die voorafgaande onweersdae was die weer eintlik baie goed en het die spelers die dag regtig geniet.
Me Christie Groenewald het die dag geborg soos sy reeds baie jare doen. Sy kon egter weens persoonlike omstandighede nie teenwoordig wees nie, maar het haar goeie wense telefonies oorgedra. Franskraal Rolbalklub is dankbaar vir haar voorgesette ondersteuning. Soos tydens elke vorige damesdag was die mans van die klub op hulle stukke om die dames te bederf met 'n aantreklike en smaaklike middagete en ander versnaperings. Die kroegmanne het ook gesorg dat die dames nie dors word nie. Al die reëlings wat deur so 'n toernooi nodig is, is op voortreflike wyse deur die verantwoordelike mans getref en die dag het glad verloop.
Nadat 'n aantal kleiner pryse uitgedeel is, het die Wedstryd-sekretaris die wenners onder van die volgende skippers aangekondig, nl.
3de plek – Amanda Meyer – Hermanus
2de plek – Rosa Cloete – Hermanus
1ste plek – Ina Trollip – L’Agulhas
Dankie aan al die deelnemers.
Volgende jaar maak ons weer so!
Pieter Conradie, President, Foto verskaf
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.