R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Wanneer die elemente die dag by Kleinbaai-hawe nie gunstig is nie kan sake nogal moeilik raak indien jy daar aan wal moet gaan. Tans is daar nog geen veranderinge aangebring om hierdie situasie te verbeter nie, maar daar is volgens my ‘n selfs groter kopseer. Wanneer jy jou boot daar te water moet laat en die see is onstuimig is dit erg genoeg, maar veral gedurende volmaan en die gevolglike springgety vererger dit sake. ‘n “Gewone” springgety is nie die probeem nie. Daar is die tye wanneer die water ‘n vreeslike trek het en gekombineer met volspring is dit tyd om baie versigtig te wees.
Ek sou sê dat die wysste ding om te doen is om eers die kat uit die boom te kyk en dan te besluit of dit die moeite werd sal wees. ‘n Groot vereiste sal wees dat die skipper volle vertroue in sy boot sowel as die bemanning moet hê. Dit is so dat elke boot basies van ‘n ander sal verskil en juis daarom sal almal nie saamstem oor ‘n algemene proses om te volg nie. Hoe groter die boot, volgens my, hoe meer stabiliteit sal daar wees en dit behoort ook sake te vergemaklik.
Vir die deursnee boot behoort die volgende prosedure gevolg te word. Dis my ondervinding en dit sal interresant wees om enige ander skipper se mening hieroor te hoor.
Die afstoot van die boot is egter nie die groot probleem nie, maar die terugkry op die sleepwa! Kom ons kyk bietjie daarna. ‘n Ordentlike sleepwa het gewoonlik gidsplanke of iets dergeliks wat baie help.
Wanneer jy die hawe inkom en die manne is afgelaai, beskou die manier waaop die water opstoot en terugtrek, behoorlik. Jou tydsberekening is baie, baie belangrik. Die sleepwa word dan nader getrek en in posisie gebring. Hier sal jy moet kophou en ‘n aanduiding moet gee wat die verkiesbaarste posisie vir die sleepwa is -- te diep en jy gaan oorstroom word, te vlak en die boot beland op “droë” grond. Ek het gevind dat dit die beste is om wanneer jou sleepwa in posisie is te wag totdat die water begin terugtrek en dan so gou moontlik die boot op die sleepwa te kry. Dis nou waar jy goeie samewerking benodig. Die persoon wat die aanhakery doen moet dit deeglik en gou doen -- selfs voordat die water behoorlik opgestoot het. Dan moet die teken vir die voertuigbestuurder gegee word om vorentoe te trek. Indien daar gesukkel word om die haak behoorlik op te koppel, moet daar eenvoudig vasgeklou word daaraan om te verhoed dat die boot afskuif. Dis uiters noodsaaklik. Met ‘n goeie verstandhouding tussen die twee sal die bestuurder (al is dit minimaal) vorentoe beweeg om die stygende water teen te werk. En glo my, daardie terugtrek en die opstoot van die water kan groot probleme veroorsaak. Moet nie onnodig in hierdie situasie beland nie.
Kophou! Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.