Man weke in huis ná afsterwe

Man weke in huis ná afsterwe

Gansbaai Courant

‘n 77-jarige inwoner van Roelandstraat in Franskraal, Mesbeth Henry McGregor, bekend as Mac, is minstens 3+ weke gelede in sy toegesluite woning oorlede voordat sy liggaam daar gevind is. Op Maandag,  9 November is Gansbaai SAPD in kennis gestel dat onraad vermoed word, aangesien brommers en vlieë teen die vensters opgemerk is. Sp.Sers Leon Crafford is na die woning, waarna hy ‘n venster aan die voorkant uitgebreek het. Binne is die erg ontbinde liggaam van Mac gevind.

Mac was die oom van Rita Neethling van Kaapstad en sy sê dat sy haar oom weekliks geskakel het om te hoor hoe dit gaan. Tydens ‘n vorige oproep het hy gesê hy gaan vir ‘n ruk weg. Na ‘n tyd het sy weer geskakel, maar aanvaar dat hy steeds weg is. Na nog oproepe het sy bekommerd begin raak, aangesien ander familielede ook geen kontak met hom kon maak nie.

Sylvie Agenbach van Franskraal, ‘n 10 jaar lange kennis van Mac, het self ook bekommerd geraak. Rita en haar eggenoot, Johan het van Kaapstad af gekom, waarna Gansbaai SAPD gekontak is en die gru-fonds ontdek is. Rita beskryf haar oom as ‘n uiters private mens wat byna soos ‘n kluisenaar gelewe het. Sy seun is etlike jare gelede oorlede en sy dogter woon oorsee. “Oom Mac was ‘n hoogs intelligente persoon met ‘n buitengewone kennis van rekenaars, asook ‘n begaafde kunstenaar met die skilder van skilderye,” het Rita gesê. “Tot en met sy aftrede was hy ‘n Elektriese Ingenieur en was meer as 20 jaar ‘n inwoner van Franskraal.” Sy het gesê Mac het wel bloeddrukprobleme gehad, maar het medikasie daarvoor gebruik. “Hy het ‘n sterk persoonlikheid gehad, maar het terselfdertyd respek by mense afgedwing.”

Sylvie vertel dat sy Mac deurgaans as ‘n ware ‘gentleman’ met egte skotse waardes ervaar het. Mac het ook al haar CD’s en DVD’s vir haar dansprojekte geskryf. “Mac het ook ‘n pragtige skildery, Die Laaste Avondmaal, vir my geskilder.”

Sp.Sers Crafford het gesê ‘n geregtelike doodsondersoek is aan die gang, maar daar word op die outopsie-verslag gewag. “Geen gemene spel, tekens van ‘n inbraak of tekens van ‘n onnatuurlike dood kon gevind word nie,” het hy gesê.

Hardus Botha

Man weke in huis ná afsterwe

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant