R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Om U wil te doen, my GOD, is my een begeerte, u Woord is my hele lewe.” (Ps. 40:8). “Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan U Woord! “ (Ps. 119:9) “Ek het gesê: “Dít is my lewe, HERE, om u Woord te gehoorsaam.” (Ps.119:57) “Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U Woord is die waarheid.” (Joh 17:17)
Elke mens, ook ek en jy, soek na ware wysheid vir ons lewe. Ons wil mos weet HOE ons moet lewe om gelukkig te wees en WAT ons moet doen om die ewige lewe te verkry. Hierdie wysheid, my vriend, vriendin, is duidelik te kry in die Boek van alle boeke, GOD se Woord, die Bybel.
Daarom wonder ek soms hoekom ons só sukkel om te verstaan dat Jesus, wat die ware brood van die lewe is, (Joh. 6:51) die enigste pad na die hemel is, die enigste waarheid en die enigste ware lewe is. (Joh. 14:6) As jy in Jesus glo as jou Verlosser en Sy Naam bely met jou lippe uit ’n opregte hart, sal jy ewig lewe! (Joh. 1:12; 3:16; Rom. 10:8-10). Glo jy dit? Dit is die ware wysheid uit GOD se Woord.
Maar wat my verstand te bowe gaan is die feit dat ons so baie kere ons ore uitleen aan sogenaamde slim manne en vroue wat sê hulle weet hoe jy moet lewe, maar hulle luister nie wat in GOD se Woord staan nie. Die Bybel is nie ’n moeilike Boek om te verstaan as jy bereid is om te lees wat daar geskrywe is en toelaat dat die Heilige Gees dit aan jou duidelik maak nie. As jy GOD se wil vir jou lewe soek, lees Sy Woord! As jy wil weet hoe om jou kinders groot te maak, lees die Bybel! (Deut. 6:5-9) As jy wil weet of voor- of buite huwelikse seks toelaatbaar is, vra na GOD se Wil en jy al duidelik hoor GOD verbied seksuele omgang buite die grense van die huwelik. Netso sal jy duidelik in GOD se Woord lees dat homoseksualeit téén GOD se Wil is (1 Kor. 6:9; 1 Tim. 1:10 ens.)
My vraag vandag aan jou is: Wil jy regtig met wysheid lewe? Lees dan GOD se Woord! Hou op om toe te laat dat die televisie, die Huisgenoot, koerante of selfs ‘slim” uitsprake van sogenaamde godsdienstige manne en vroue (selfs kerke!) jou wegtrek van die enigste ware Wysheid – die Woord van GOD. Lees weer die verse hierbo. Glo jy dit? “Daarom het ek besluit: ek gaan doen wat U wil hê. Dit is tog alles in U Woord neergeskryf.” (Ps. 40:8 – Boodskap)
“Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die Woord van die HERE sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.”(Ps 1:1-3)
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.