R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Franskraal Rolbalklub het op 7 November 2015 ʼn toernooi aangebied wat geskeduleer was om ‘n mans driespel ope toernooi te wees. Slegs een span van elders, naamlik die van Janes le Grange van Hermanus, het ingeskryf. Die gevolg was dat agt spanne mans van Franskraal ingeskryf het. Dit was egter nog nie voldoende om die perk vol te maak nie. Toe die dames van Franskraal hiervan hoor, het hulle dadelik drie spanne ingeskryf. Dit is nou lojaliteit en wonderlike samewerking in belang van die klub. Dankie dames!
Die verrigtinge het vlot verloop en die weer het gesorg vir goeie spel met slegs ʼn ligte wind om dit aangenaam te maak. ʼn Smaaklike middagete wat deur die dames voorgesit is, het alles mooi afgerond.
Die borg was Omega Ondernemings wie se eienaar, Kobus van Staden die pryse aan die wenners oorhandig het. Me van Staden was ook teenwoordig. Baie dankie Kobus, asook vir jou bemoedigende woorde na die prysuitdeling.
Die wenners was Janes le Grange en sy span, Andy MacKae en Bryan Higgo. ʼn Damesspan bestaande uit Kim Breach, Kay Puttick en Marlene van der Walt het die ander mans gewys waar Dawid die wortels begrawe het deur in die tweede plek te eindig. Welgedaan!
Pieter Conradie, President
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.