R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Munisipale verkiesings vind gedurende 2016 in Suid-Afrika plaas. Dit is uiters belangrik dat alle voornemende kiesers moet verseker dat hul wel in die munisipaliteit waar hul gaan stem, registreer. In die geval van Franskraal-inwoners moet almal herregistreer. Die rede hiervoor is dat die afbakenings- raad die wyksgrense verskuif het en dat Kleinbaai en Klipfonteyn 2 nou binne die grense van Wyk 2 val en nie meer soos voorheen deel van Wyk 1 is nie. Van Dykstraat is die skeidingslyn en alle inwoners aan die bo-kant (Noord-Westekant) van die straat is deel van Wyk 2 terwyl dié aan die onderkant (Suid-Oostekant) deel is van Wyk 1. Kleinbaai en Klipfonteyn 2 se kiesers sal nog steeds by die Golfklub stem.
Alhoewel Franskraal en Klipfonteyn nog streeds binne die grense van Wyk 1 is, gaan kiesers in 'n nuwe stemlokaal stem, naamlik die Rolbal klubhuis. Elke kieser kry met registrasie 'n unieke nommer wat aan die lokaal waar hy/sy gaan stem gekoppel is. Omdat daar nou 'n “nuwe” stemlokaal is, moet “nuwe” nommers toegeken word.
Om so min as moontlik ongerief te veroorsaak, het die Verkiesingskommissie die volgende rëelings in plek SPESIAAL VIR FRANSKRAAL INWONERS:
• 2 Desember sal hul werkers in die Franskraal woongebied strooibiljette uitdeel met belangrike registrasie inligting.
• 3 Des. 4 Des. 5 Des sal die Verkiesingskommissie by die munisipale kantore wees vanaf 12h00 tot 17h00 vir die kiesers wat wil gaan registreer. ONTHOU ASSEBLIEF OM ID BOEK SAAM TE NEEM !
FRANSKRAAL INWONERS KRY EGTER WEER 2 GELEENTHEDE HIERNA OM TE GAAN REGISTREER.
REGISTRASIE VIR ALLE KIESERS VAN ALLE WYKE (OOK FRANSKRAAL) VIND DIE 1STE NAWEEK VAN FEBRUARIE 2016 EN DIE EERSTE NAWEEK VAN MAART 2016 PLAAS.
Tydens die geleentheid sal voornemende kiesers kan registreer by die stemlokaal waar hul moet gaan stem.
Indien daar onsekerheid bestaan oor of jy wel geregistreer is by die lokaal van jou keuse, sms bloot SLEGS jou ID nommer na 32810 en ontvang dadelik inligting rakende jou stemlokaal. Indien dit nie ooreenstem met waar die kieser wil stem nie, moet herregistrasie plaasvind.
Die volgende web adres kan ook besoek word:
om inligting rakende jou registrasiete bekom.
REGISTREER OM TE KAN STEM ! Vir enige verdere navrae kontak
Raadslid Riana de Coning Sel 0835972781 Landlyn 028 388 0788
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.