R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van GOD!” (1 Kor. 10:31)
Het jy al ooit getwyfel of jy regtig die moeite werd is? Dalk het jy gewonder of jou gewone, oppervlakkige lewe ook iets beteken? Kan jy regtig vir GOD en Sy Koninkryk hier op aarde iets beteken? Wel, ek wil vandag vir jou uit GOD se Woord die versekering gee: Alles wat jy doen, alles wat jy is, ja alles word deur GOD bepaal. Ons moet nooit dink dat die gewone, alledaagse aspekte van die lewe nie deur GOD bepaal word nie. Net soveel as wat die dieper, heilige dinge deur Hom gebruik word om alles te laat uitwerk tot Sy voordeel van die Koninkryk, netso gebruik GOD jou vandag om daar waar jy woon en werk, ’n bydrae te lewer in Sy gróót plan!
Ai, ons is darem partykeer lekker ydel. Ons wil tog só graag belangrik wees. Ons wil só graag deur mense raakgesien word sodat hulle ons ook kan prys vir wat ons gedoen het, of nog erger, vir wat ons besit! Onthou net dat almal, ook ek en jy, vir GOD belangrik is. Hy het nie jou verniet met Sy eie vingers geskape en jou op aarde op ’n spesifieke plek geplaas nie. (Ps. 139:13-16 – lees dit!) Daarom is dit belangrik om te besef dat jy in alles wat jy doen, alles wat jy sê, altyd dit tot eer van GOD moet doen. Lees weer die teksvers hierbo uit 1 Korintiërs 10:31. Daar staan duidelik: Of jy eet of drink, of wat jy ook al doen, DOEN ALLES TOT EER VAN GOD!
Waarmee is jy nou besig? Waar bly jy? Wat lees jy? Wat eet julle vandag? Begin asseblief besef dat daar niks alledaags en gewoon vir GOD is nie.
Selfs die gewone dinge van die lewe soos eet en drink, loop en praat, is deur Hom ingestel. Alles het ’n doel. Jou stukkie brood wat jy het om te eet, is deur Sy liefde aan jou geskenk. Netso sal die brood wat jy vandag weggee aan iemand wat bedel of honger is, ’n Goddelike geskenk word in Sy Koninkryk. Begin om meer sensitief te leef in die dinge wat jy doen. Jy moet ook jou alledaagse lewe en dinge tot Sy eer begin gebruik. As jy weer verby iemand op straat loop wat moedeloos lyk, of sy oë neerslaan as hy by jou verbystap, groet hom vriendelik. Kyk mense in die oë en glimlag vir hulle. Jou alledaagse optrede kan iemand se hele dag en lewe verander. Wat jy doen, doen jy vir Jesus. Wat jy nalaat om te doen, het jy geweier om vir Jesus te doen. (Matteus 25:35-46)
Kom, laat ons begin om ALLES tot eer van GOD te doen!
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.