R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Praat met ‘n ou Hardebaard en hy sê, “Jong, as dit nog in die ou tyd was en ek het nog my bootjie gehad, was hy al in die water en het ek sommer vandag al heelwat geelbek gehad -- watter beter weer wil jy dan hê?” En ek moes met hom saamstem wat die weer betref. Maar wat hy eintlik wou sê is dat dit werk nie deesdae meer so nie. Daar is seker veronderstel om minder vis te wees en miskien is die veronderstelling korrek so wat is snaaks aan vandag?
Daar is nog Hardebaarde wat gereeld gaan vang en dis steeds die manne wat weet wat hulle doen en hoe jy die beste resultate behaal. Van ons vang al heel paar jaar in hierdie omgewing en kan seker met reg sê dat ons ons nie onkundig is nie, maar daar is ‘n verskil tussen kundig wees en al daardie jare se ondervinding en dis waar die ou Hardebaarde inkom. Self kan van ons ander terugdink aan die baie geelbek nie so vreeslik lank terug nie toe selfs die ouer vissers verbaas gestaan het oor die baie vis. En vergelyk gerus die kreef, selfs meer onlangs. Die regulasies het wel verander en natuurlik gaan jy nie soveel kans kry nie en ook minder vang. Maar vra maar die ouens wat wel die afgelope jare vir kreef gegaan het -- daar ís minder!
Moontlik moet ons so bietjie oor hedendaagse vangery uitwei. Eenvoudige vraag, wat vang ons deesdae? Ek dink die groter vraag gaan wees wannéér gaan ons die vis vang en ‘n nog groter vraag, watter tyd van die jaar? Mens kan nou terugsit en die laaste klompie jare neem en daarvolgens beoordeel wanneer wat behoort te byt en dan jou beplanning maak. Ons praat nou van geelbek, geelstert, hotties, roman, PW’s en dan nog al die ander soorte vis. En ek dink omtrent al vis wat al die jare steeds dieselfde patroon gevolg het was -- reg, kabeljou. Rofweg, so drie maande voor die jaareinde begin die kabeljou reeds tande wys en almal weet, kry die stokke gereed en sleep die amperbootjies nader. Hier by Desember is hulle steeds na aan die kant en hier by Februarie, Maart gaan soek jy hulle dieper in. Ek dink almal weet wat die kabeljou se storie is maar ek is nie so seker van die ander visse nie. Hier gaan jy maar moet staatmaak op die weer en ‘n oog op die almanak behoort te help. Wat hotties betref, kwepertyd (so Maart rond) kan jy maar seker wees loop daai ou vettes. Dis nou wanneer ‘n goedkoop rooster sy alie sommer gou sien!
Nou ja, ons lewe nie meer in die ou tyd nie en sal seker ook nooit meer so lekker kan vang nie, maar ons gaan nog see toe, geniet die tyd nog en as familie of vriende kom -- kom ruik maar hoe lekker ruik die wêreld as die windjie die braaivissie se reukie so versprei!!
Groete, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.