R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Academia het die afgelope 6 maande saamgewerk met die Two Oceans Aquarium om die leerders meer in te lig oor verskillende omgewingstudies en hoe hulle van vroegs af die omgewing kan bewaar en waardeer.
Op 14 November 2015 het Kanadese studente ‘n besoek afgelê by die skool om die leerders meer in te lig oor die belangrikheid van navorsing. Die leerders was in groepe opgedeel waar hulle later in interaksie getree het met die studente en het kans gekry om vrae te vra en in groepe saam te werk om ‘n hipotese op te stel. Elke groep leerders het ‘n kans gekry om hulle hipotese voor te lê aan al die leerders.
Op 30 November 2015 het die leerders Kaapstad toe vertrek waar hulle ‘n besoek gaan aflê het aan Kristenbosch Botaniese Tuine en die Two Oceans Aquarium. Die leerders het somer dadelik die roete aangepak in die tuine waar mnr. Fudli, lektor van UWC en me Rolien, een van die direkteure van die Tuine in Kaapstad, saam met die leerders deur die tuin beweeg het en vir hulle meer blootgestel het aan die ryk plantegroei in die Kaap en ook die belangrikheid van ekosisteme en die groot impak wat mense op die omgewing het.
Die leerders het vanaf Kristenbosh vertrek na die Two Oceans Aquarium. Met aankoms het die leerders eers ‘n les ontvang oor haaie en hulle het ook ‘n geleentheid gekry om aan baba haaie te vat. Die leerders het na die les ‘n kans gekry om deur die Aquarium te loop om na al die diere te kyk en hulself te geniet. Hulle het ‘n heerlike middagete ontvang en was daarna gereed vir die lang pad terug Gansbaai toe. Dit was ‘n lang, warm dag maar die leerders het dit geniet en nie toegelaat dat die hitte hulle enigsins onderkry nie. Namens Gansbaai Academia se Marine Science Club wil ons vir mnr Russell Stevens van die Two Oceans Aquarium asook vir mnr Fudli bedank vir al hulle harde werk en ook die tyd wat hulle opgeoffer het om elke week met die leerders te werk.
Tommy Wilson
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.